Verlede maand
Outjie in die donker oor haar feelings vir hom
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n outjie ontmoet vir wie ek baie omgee.

Hy weet dit nie.

Ek is baie bang vir sy reaksie.

Alles is so deurmekaar op die oomblik. Ek kan hom nie face nie.

Dit is so moeilik. Wat kan ek doen? Meisie van C, WhatsApp

Liefie, as jy single is en so ook hy, dan behoort niks mos in jul pad te staan om te mingle nie.

Niemand kan ruik dat iemand hulle smaak nie.

Jy sal jou mond moet oopmaak en vir hom moet sê hoe hy die butterflies in jou maag woes te kere laat gaan.

As jy nie ’n move gaan maak nie, gaan iemand anders in die picture kom en voordat jy jou oë uitvee, gaan hy in ’n relationship met iemand anders wees.

Skaamrakens speel nie saam as dit by ’n gesmaak kom nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters