14 dae gelede
Ouma wil niks weet van dié nuwe kleinkind nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET in Oktober ’n outjie ontmoet en nadat ons lekker gechat het, het ons besluit om mekaar te ontmoet.

Antie, daar was onmiddellik ’n spark tussen ons. Hoewel hy ’n kind by sy eksmeisie het, het dit my nie gepla nie, want hulle is nou al ’n lang tyd nie meer saam nie.

’n Girl weet net wanneer sy “the one” ontmoet het en dit was nie lank nie, toe begin ons saam slaap.

Ons het besluit om ons verhouding eers stil te hou, want ons wou nie hê enige een moet dit vir ons jinx nie.

Hy is absoluut wonderlik en dra my op die hande. Hy bederf my en doen dinge vir my wat geen ander man ooit gedoen het nie.

Ek is 22 en hy is 29 jaar oud. Ek kan myself nie in die toekoms saam met enige ander man sien nie.

Die probleem is, ek het in Desember agtergekom ek is swanger.

Dit was natuurlik ’n groot skok vir my en my ouers.

Surprisingly was hy over the moon en het beloof om my te support en vir ons kind te sorg.

Hy het ’n baie goeie job. Ons is toe na sy ouers waar hy my voorgestel en hulle toe van die nuus vertel het.

Antie, dit was ’n saak. Sy ma explode toe sommer en sê ja, ek is ’n jintoe en sy glo nie dis haar seun se kind nie.

Sy het my so te sê soos ’n hond uit haar huis gejaag en haar seun verbied om my te sien.

Vir my het sy gesê ek moet my kind se pa gaan soek en dat ek agter haar seun aan is oor hy ’n lekker job en ’n lekker kar het.

Ek was so geskok dat ek nie geweet het wat om te sê nie.

My boyfriend kon ook nie eens ’n woord inkry nie.

Ek het agterna uitgevind sy is baie erg oor die ander kind se ma en wou nog altyd hê hulle moet saam wees.

Dit maak dinge baie awkward op die oomblik.

My boyfriend moet letterlik uit hul huis sluip om vir my te kom kuier.

Hy moet ook vir sy ma lieg oor waarnatoe hy gaan.

Dit laat my nie lekker voel nie, want wie wil dan hê jou kind moet so ’n ouma hê?

Ek het vir my boyfriend gevra of dit nie beter sal wees as hy uittrek nie, maar hy sê sy ouers is al oud en finansieel afhanklik van hom.

Ek hoor sy beklee ’n groot rol in haar kerk en kan nie glo dat daar sulke vieslike woorde en beskuldigings uit daai geestelike mond van haar gekom het nie.

Antie, ek verstaan dat my boy­friend nie sy ouers net so kan drop nie, maar ek is nie lus om ooit weer in sy onredelike ma se geselskap te wees nie.

So, hoe hanteer ek die situasie? Ek weet nie meer wat om te doen nie. – Noenoes, WhatsApp

Antie bestraf daai gees van ma’s wat dink hulle het die kers vasgehou by die conception as daar sprake van ’n swangerskap is.

Hierdie is niks anders as vrou-teen-vrou-abuse nie.

Dit verstom my dat daar vroue kan wees wat ander vroue so kan verneder en in die grond afdruk.

Dit verstom my dat daar iemand soos jou berk se ma kan wees wat bereid is om haar eie vlees en bloed af te stry – net sodat sy steeds lekker cosy kan lewe.

Jy moet onthou ál die beskuldigings wat sy na jou kant toe geslinger het, wys eintlik wie en wat sy is.

Die hele situasie maak dinge beslis nie makliker vir jou nie.

Antie sê altyd: Leer ken eers jou “skoonmense” voordat jy ’n verhouding met iemand aanknoop of met iemand in die bed spring.

In jou geval is dit egter nou gedane sake, want daar is ’n kleintjie op pad wat nie gevra het vir ’n ouma soos die een wat nou op jou bloedjie wag nie.

En natuurlik plaas dit jou boy­friend ook in ’n moeilike situasie.

Antie mean maar, daar kan ook nie van hom verwag word om sy ouers net so te los nie – maak nie saak hóé ’n professionele heks sy ma tans is nie.

Something will have to give. Hierdie vrou sal eenvoudig na die paartie toe moet kom, of die kans verbeur om ’n verhouding met haar kleinkind te hê.

Kom ons gee haar kans. Kom ons gee die liewe Heer kans om met haar klipharde siel te werk.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters