Verlede maand
Ouers soek geld voor hul liefde gee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

WAT staan my te doen as ouers net oor geld is teenoor hul kinders?

Ek bedoel, waar is die liefde dan? Jy moet eers geld gee voordat hulle lief is vir jou.

My ouers verwag 100% van my salaris maandeliks, maar net 30% van twee van my susters. Ek is die jongste en my susters is 33 en 29. Dan is daar ’n ouer suster ook.

My middelsuster is getroud en bly agter in die jaart.

Ek refuse om geld te gee. My middelsuster gee partykeer skelmpies vir my kos as my swaer nie daar is nie.

My oudste suster bly saam met my en ons ouers in die huis. En sy is ongetroud. My swaer lê heeldag op die phone met die charger in die muurprop.

Ek wonder wat is so belangrik op daai phone. Gee raad, asseblief. Keelvol, WhatsApp

Dit is deesdae die nuwe ding vir ouers om hul werkende kinders rent te charge.

Natuurlik bygesê, dis glad nie alle ouers wat dit doen nie. Dit hang seker maar af watter beweegredes en motivering agter so ’n ouer se besluit skuil.

Een ding wat ons almal vir seker weet, is dat niks in die lewe verniet is nie. Dis seker lekker om as jy al werk by Ma en Pa te bly en hulle dra nog jou koffie, brekfis en wat nog agter jou aan.

Die realiteit is egter dat dit selfs geld kos om die ligte aan te hou. Het jy gesien hoeveel krag deesdae kos? Wat Antie vir jou probeer sê, is dat dit dalk nie ’n slegte idee is om al by die huis te “oefen” vir wat uitgawes gaan behels as jy eendag op jou eie bly nie. Antie stem egter nie saam dat jy jou hele salaris net so aan jou ouers moet gee nie.

Kykie, daai was mos ’n ding van doerie jare en ek het gedink dit het al uitgesterf.

Met alle respek gesê, jý is die een wat sweet vir daai geld.

So, hoekom kan jy ook nie net 30% van jou salaris aan jou ouers gee, soos jou susters nie?

Praat met hulle hieroor.

Antie hoop daar sal redelikheid van hul kant af wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters