14 dae gelede
Ouballie wil graag vir girls ’n blesser wees
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET Antie se hulp baie dringend nodig.

Ek is ’n pensioentrekker en wil graag ’n blesser wees vir enige meisiekind wat ’n ou man sal waardeer.

Kleur en ras maak glad nie saak nie. Hulle moet tussen 30 en 50 jaar oud wees.

Om ’n oumens uit te help, sal hul dae verleng. Pensioenaris, WhatsApp

Nee, Uncle Pa, dit is beslis nie uit die Bybel uit waar jy daar quote nie, nè! Klink eerder soos die ougat boek van Zipteus, waar jy graag wil hê iemand moet jou die hande oplê – below the belt.

Jy moet versigtig wees waarvoor jy wens. Vandag se gold diggers speel nie.

Hulle sal jou kaal uitvreet totdat jy langs jou skoene loop.

Daar’s mos niks verkeerd daarmee om iemand van jou eie portuur te bless nie.

Op jou oudag kan jy wragtig nie nog lus wees vir ’n kinderagtige gegiggel terwyl dié kind met jou gryse balhare speel en later met jou Sassa-kaart verdwyn nie.

’n Mens werk hard vir die dinge wat jy in die lewe bekom en om dit deur plein stuitigheid weg te gooi, is glad nie reg nie.

Kry vir jou iemand wat saam met jou wil wees omdat sy jou company geniet en nie omdat sy jou geld wil opvreet nie.

Liewe Antie Mona

ONS vroue moet ons altyd so sterk hou, maar ek gaan elke dag deur ’n stryd.

Ek worstel elke dag dat iemand my net sal bel vir ’n werkie.

Dis moeilik, want my man werk nou alleen en ons het drie kinders.

Elke dag is ’n uitdaging, want jy worry oor die dag van môre.

Ek hoop maar elke dag dat Liewe Jesus my gebede sal beantwoord. Moedeloos, WhatsApp

Liefie, maklik is dit beslis nie, maar hierdie beker van moedeloosheid sal verbygaan.

Byt vas, druk deur en hou aan om werk te soek.

Elke deur in die lewe kan nie toe wil bly nie.

Hierdie corona het dinge nog net moeiliker kom maak en baie suffer tans in silence oor die hardships wat hulle nou moet deurmaak.

Die son sal weer skyn. Winter is nie die enigste seisoen in die lewe nie.

Antie glo, bid en vertrou jul omstandighede sal binnekort verbeter!

Die Antie Mona-show

DIE mooie lente is op ons en een van die dae ook die Liewe Antie Mona-show, wat in samewerking met VIA vervaardig gaan word.

Het jy al ingeskryf? Teen hierdie tyd weet jy mos al hoe. Of hoe?

Antie en die angels – Bouncy, Jane en Mêrim – wil hê dat jy jou lewensuitdagings met ons moet deel.

Stuur ’n WhatsApp-boodskap of voice note na 082 858 0044 en vertel ons wat dit is wat nou pla.

Moenie aanhou uitstel tot daar geen meer spots available is nie.

Laat sommer nou van jou hoor!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters