23 dae gelede
Ou wil sy eks terugvat, al is sy nog by haar ou
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet of dit oukei is om nog te voel om met my eks op te maak.

Sy het my in die verlede seergemaak, maar was die enigste vrou wat my nog kon verstaan en motiveer.

Tans is sy in ’n verhouding met ’n ouer persoon. Voordat ek haar geblok het, het sy my meegedeel dat hy haar verneuk het.

Sy het gesê sy voel nie om oor te begin in ’n ander verhouding nie en het toe besluit om hom nog ’n kans te gee. Dis hoekom ek haar toe geblok het. In ons verhouding het ons nooit gestry of mekaar verneuk nie. Tot die een keer toe sy beïnvloed is deur een van haar familielede en ons verhouding toe afdraand begin loop het.

Dink Antie ek moet haar los en fate toelaat om weer ons paaie te laat kruis?

Of moet ek maar my oë toemaak en haar vra of ons ons verhouding kan hervat?

Ek voel steeds dieselfde oor haar. – C van Kuilsrivier, Whatsapp

Liefie, maak nie saak hoe styf jy jou oë gaan toeknyp nie, hierdie meisie sien nie meer kans om in ’n verhouding met jou te wees nie.

Dis dalk nie wat jy wil hoor nie, maar dis die waarheid.

Sy weet hoe jy soos putty in haar hande is en selfs toe haar ouer berk op haar gecheat het, het sy decide om hom ’n kans te gee eerder as om dinge met jou te hervat.

Dit sê vir Antie, en behoort dieselfde vir jou te sê, dat hierdie meisie nie van plan is om jou nog ’n kans te gee nie. Sy kan nie die enigste meisie in hierdie lewe wil wees wat jou verstaan en motiveer nie.

Daar is ander – maar net as jy jouself kan allow om aan te beweeg.

Dis nie lekker om te weet dat iemand nie dieselfde oor jou voel as jy oor haar nie, maar respekteer die feit dat sy in ’n verhouding propvol struggles is en move aan.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters