10 dae gelede
Ou wil eks ’n les leer met kinders
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET voorheen aan Antie geskryf oor my vrou wat ’n seksuele verhouding met ’n ander getroude man gehad het.

Sy het hom gereeld invite om by haar te kom lê as ek en die kinders naweke by familie gaan oorslaap het.

Ek het haar laas jaar gelos en my dogtertjie bly nou by my.

Ek was nog altyd decent saam haar, al het sy familie en vriende vertel dat ek haar naam beswadder.

Laas maand het ek en die ma begin gesels via WhatsApp, waar sy my alewig vra om na die tweejarige seuntjie te kyk.

Ek besef dit was dom van my om ’n maand gelede weer by haar oor te slaap en weer intiem te wees. Ons het twee weke gelede weer intiem verkeer en ek het geskrik toe ek die verskil voel.

Ek oorweeg dit om my dogtertjie terug te neem sodat die ma ’n slag kan besef wat dit is om na twee kids om te sien. – Ontevrede, Whatsapp 

Om na twee kinders om te sien, sal haar nie haar dinge laat staan nie. Die kanse is groot dat sy albei kinders gaan afskeep om steeds by haar skelmpie uit te kom.

Sal dit nie beter wees as jy toesig vat oor albei jul kinders nie sodat jou seuntjie nie voel dat dêrra dan meer tyd vir sy sussie maak nie?

Dan sal jy ook moet besluit of jy veel langer met hierdie vrou getroud wil wees. Tans is julle ’n couple wat uitmekaar is, maar nog so nou en dan seks het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters