2 maande gelede
Ou wat wil trou, laat my soos ’n kind voel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS verloof aan ’n ou wat nie so wonderlik is soos wat mense dink nie.Ons is nou al twee jaar verloof en die man is net haastig vir trou.

Maar ek het my doubts, Antie. Ek is nie seker of ek met hom wil trou nie.

Hy respekteer my nie soos ’n man ’n vrou moet respekteer nie. Hy weet nie hoe om met my te praat nie en maak asof ek ’n kind is.

Ons is maar nog net engaged, maar hy wil klaar vir my sê hoe om met my eie geld te werk.

Ek het al met hom hieroor gepraat, dan sê hy net hy dink aan ons toekoms. Maar watter toekoms kan ons hê as hy nie respek vir my het nie?

Ons het albei ’n goeie werk en ek is regtigwaar nie lus om soos ’n kind behandel te word nie.

My probleem is egter dat my familie mal is oor hom. Hy is soos ’n huiskind in ons huis en my ouers sien net niks verkeerds met hom nie.

Maar hulle weet nie hoe klein en onbelangrik hy my kan laat voel nie. – Bekommerd, WhatsApp

Liefie, aan die einde van die dag moet jy besef jy kan nie by hierdie man bly om ander mense te please nie.

Dis jy wat eendag voor die kansel met hom sal moet staan en ’n lewe met hom sal moet lei, nie jou familie nie.

Dit kan dus nie ’n geval wees van “Wat gaan my ma-hulle sê as ek hom los?” nie.

As jy voel dat jy nie die res van jou lewe onder diktatorskap wil deurbring nie, is dit jou volste reg om die verlowing te verbreek.

Maar moenie eers wag totdat die invites vir jul troue reeds uitgestuur is voordat jy koue voete kry nie.

Laat hy nou al weet jy sien nie ’n future vir julle saam nie.

Liewe Antie Mona

DAAR is een vraag van hul vroue wat mans tog maar moet vermy: “Hoeveel sexual partners het jy voor my gehad?”

Weet Antie hoe daai vraag my hele huwelik byna opgeneuk het?

Ek mean maar, as ’n vraag jou anyway so uit die bloute vang, wil ’n mens tog maar mos nog eerlik wees.

Maar nee, niggie wou eintlik net weet sodat sy dit later in my gesig kan gooi.

Agterna, as ek ’n draai by vriende wil gaan maak, dan moet ek hoor ja, ek gaan weer na een van my eks-n****rs toe.

Daar is niks sexy omtrent ’n jaloerse, insecure vrou nie.

Die funny ding is, ek het haar nie eens gevra hoeveel sexual partners sy voor my gehad het nie, want ek kan net moeilikheid sien kom met so ’n vraag.

Nog voordat ons even gedate het, het ek al gehoor dat sy ’n bietjie van ’n reputasie het. Maar dit het my nie afgeskrik nie, want ek het regtig die mens gelike wat sy is.

Ek gee haar geen rede om so te act nie. Behalwe dat ek so nou en dan ’n draai by my vriende maak, is ek heeltyd by die huis.

Ek drink ook maar my dop by die huis, maar daarmee het sy ook ’n probleem.

Antie, daar is dae dat ek regtig wonder wat my makeer het om met haar te trou. Dis nou maar vyf jaar later, maar as die res van ons tyd saam só gaan lyk, dan weet ek nie wat ek gaan doen nie. – Gatvol, Whats­App

Voordat ’n paartjie ontmoet en forever in mekaar se oë sien glinster, het albei lewens gehad wat ander mense involve het.

Niemand het ’n kristalbal waarin jy exactly kan sien wanneer jou soulmate jou pad gaan kruis nie.

Mens het mos maar lief soos wat die hartsnare bepaal. Dis baie verkeerd van jou vrou om nou ou koeie te wil resuscitate – amper so asof sy in Grey’s Anatomy of ’n ding speel.

Hierdie geelbaadjie-gedagtes van haar skep onnodige spanning in jul huwelik, spanning wat in ou, vervelige stukke soos 7de Laan ingespan kon word.

Jy sal haar moet sitmaak en mooi jou gevoel oor haar beformery moet vertel. Maar jy sal moet kophou om seker te maak dat so ’n gesprek nie weer tot ’n geskel soos min gaan lei nie.

Dit is tyd dat sy besef die man met wie sy getrou het, het nie uit die lug uit in ’n virgin-onnerbroekie op haar skoot beland nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters