13 dae gelede
Ou soek oorgewig vrou vir die koue winter
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DANKIE dat Antie nou ’n nuwe nommer het.

Soos Antie weet, breek die winter nou aan en ’n man soek mos iets warms.

Ek wil graag in kontak kom met groot, fris, chubby en busty vroue wat lekker oorgewig is.

Ek is op soek na langtermyn vriendskap en meer ... Anoniem, WhatsApp

Nee, kyk, vir jóú onthou Antie vetterig. Lyk my ook jy volg ook ’n mens se selfoonnommer soos ’n skaduwee, nè?

En Antie het ook nou al mooi agtergekom: Winter, somer, enige seisoen ... jy bly ook maar nou eenmaal spuls.

G’n vrou op hierdie aarde wil net ’n man se “winterkombers” wees nie. Jy klink soos daai ouens wat met die aanbreek van ’n nuwe seisoen so ’n vrou sal afsê en inruil vir iemand anders.

Elke diertjie het maar sy plesiertjie en preference, maar Antie se rubriek gaan nie die platform wees vir jou om jou winter-shopping te doen nie.

Liefde en affection vir iemand moet nie gekoppel wees aan ’n sekere seisoen nie.

I’m very sorry. Jy sal maar self jou winter-shopping moet doen. Kry sommer vir jouself ook ’n paar lekker warm jackets, dik sokkies en beanies ook.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters