20 dae gelede
Ou soek na sy 'sonskyn'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS op soek na my girlfriend wat in Bredasdorp is. Sy moet my net nie vergeet nie, want ek het haar baie lief.

Sy is my only sunshine. – Verlief, Whatsapp

Liewe mens, nou hoe moet jy dan so na jou girlfriend soek?

Is jy seker sy is nie teen hierdie tyd al iemand anders se sunshine in Bredasdorp nie?

As sy nie van haar laat hoor nie, is dit tyd dat jy haar kontak en self by haar hoor wat die storie is – voordat die son oor jul verhouding sak.

Skryf in vir Liewe Antie Mona
MENSE, Antie wil julle graag net weer daaraan herinner om vir my TV-reeks, Liewe Antie Mona, in te skryf.

In samewerking met VIA kan Antie nou al beloof dat hierdie show die moeite werd gaan wees.

Ons wil graag jul stories vertel; al die lewensuitdagings wat jou geknou of motivering vir die lewe gegee het.

Stuur asseblief vir Antie ’n Whats­App-boodskap of voice note met ’n beskrywing van waaroor jou kwessie gaan. Stuur jou boodskap na 082 858 0044.

Een van die show se producers sal jou dan kontak.

Onthou om asseblief voorsiening te maak vir die dag wat jy sal moet afstaan aan verfilming.

Die lekkerste van goodies wag ook op deelnemers.

Antie sien daarna uit om van julle te hoor!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters