14 dae gelede
Ou se girl wil te veel agter gespyker wees
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 59 jaar oud en date ’n meisie van 40.

Ons seks gereeld en dis wonderlik.

Eenkeer het ons anaal geseks en nou wil sy dit gereeld doen.

Ek moet haar eers agter seks, dan kan ek maar voor seks soveel ek wil.

Ek wil haar nie meer daar agter seks nie. Wat moet ek maak? – Nie Meer Lus, WhatsApp

Die eerste ding wat jy moet doen, is om haar teen wil en dank van jou gevoelens oor hierdie agterplaas-goeters te vertel.

Antie reken jy is skrikkerig om dit te doen, want jy weet nou hoe baie sy daarvan hou.

Dis mos hoekom hulle altyd sê jy moet versigtig wees waarvoor jy wens, want as hierdie maybe ’n fantasy van jou was wat waar geword het, het dit nou tot ’n oordosis van hierdie fantasy gelei.

Is dit regtig so bad vir jou? Jy sê nie juis hoekom jy dit nie meer enjoy nie.

Die dinge wat julle as paartjie in die bed aanvang, is ’n saak nét tussen julle twee.

Dus is die beste ding wat jy kan doen om dit met haar te bespreek. Dit gaan tog anyway vroeër of later moet gebeur.

Daar is nou nie meer rede vir skaam wees nie. Julle ken immers mekaar van voor tot agter – letterlik.

Beste sal wees om saam tot ’n compromise te kom wat julle albei gelukkig sal maak.

Vir jou onthalwe hoop Antie hierdie gesprek gaan nie tot bollewange lei en maak dat jou fonteintjie van kry heeltemal opdroog nie.

Daar is mans daar buite wat maar op klein erfies bly en nie die opsie van ’n agterjaart het nie.

Antie sien nou al sulke mans se comments deurkom wat soebat vir jou meisie se kontaknommer.

Daar kom ’n tyd in ’n mens se lewe dat jy happy moet wees met dit waarvoor jy gewens het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters