Verlede maand
Ou se eks is ’n lastige doring in ons vlees
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY OUTJIE se baby mommy, D, gaan nog maak dat ek moord pleeg.

Antie, die meid wil nie haar dinge laat staan nie. Ons is nou al twee jaar saam, maar sy try nog haar luck om ons op te breek.

My ou sorg baie goed vir sy kind. Papgeld is op tyd en hy doen wat hy kan vir sy seuntjie.

Maar D probeer kliphard om hom terug te kry. Sy bel hom elke dag.

Dis kamma-likes oor die kind, maar dan moet hy hoor hoe sy hom mis en nog feelings vir hom het.

Dis nie asof sy nie ’n ou het nie. Sy bly met ’n man en ek hoor sy verwag van hom, maar dit keer haar nie om lastig te wees nie.

Sy het ook al baie stories oor my opgemaak. Goed dat ek op my outjie cheat met ’n kollega by die werk.

Ek het my eers nie hieraan gesteur nie, maar sy hou dan nie op nie.

Wat kan ek doen om haar bek vir altyd stil te kry?

Ek is lief vir my ou en ons het regtig nie sulke drama in ons lewe nodig nie. – Gatvol Meisie, e-pos

Ongelukkig gaan daar maar altyd drama met die baby momma wees – tensy sy tot rus gaan kom noudat sy swanger is.

Heeltemal uit die prentjie gaan jy haar ook nie kry nie.

Die kind wat sy saam met jou outjie het, sorg dat sy altyd in sy lewe sal wees.

Dit beteken egter nie jy moet aan die ontvangkant van haar nare jaloesie bly nie.

Antie kan nie verstaan hoekom sy nog agter haar eks aan is, terwyl sy dan aanbeweeg het en nou boonop swanger is van haar aanbeweegstukkie nie.

Dalk is dit tyd dat julle saam om ’n tafel gaan sit en dinge uitstryk.

Involve dan sommer haar huidige outjie ook, want Antie is seker hy is salig onbewus van sy meisie wat nog so agter haar eks aanhol.

Liewe Antie Mona

KAN ’n mens ná net een keer se seks pregnant raak?

Ek en hierdie outjie was ’n maand of wat gelede bymekaar.

Ons ken mekaar nie lank nie, maar het seks gehad.

Ek vermoed nou ek is swanger. Ek is nog op skool.

My ouers gaan dit niks likes nie. – Bekommerd, SMS

Liefie, een keer kan beslis een keer te veel wees, veral as jy nie protection gebruik nie.

Jy noem dit nou wel nie, maar ek vermoed jou kommer spruit juis uit die feit dat julle nie protection gebruik het nie.

Ongelukkig kan jy nie eers agterna gedagte kry van skool en jou ouers as jy klaar die daad gedoen het nie. Dis dan mosterd ná enige maaltyd.

First things first: Voordat jy begin panic en dinge in jou mind vooruitloop, sal jy nou heel eerste sekerheid moet kry.

Jy sal na ’n kliniek toe moet gaan of een van daardie home pregnancy kits moet kry.

Vir jou onthalwe hoop Antie dat hierdie een keer nie lewenslange gevolge vir jou inhou nie.

Kom ons hou duim vas dis net ’n vals alarm.

’n Alarm wat jou oë sal oopmaak en jou sal laat besef jy is nog veels te jonk vir die dinge van ’n grootmens.

Liewe Antie Mona

EK WIL trou, maar ek is nie so seker van my kind se pa nie.

Ons was al in die verlede uitmekaar oor hy gejol het.

Ons is nou weer amper ’n jaar saam. Hy sweer hy het sy dinge laat staan.

Die man praat nou ernstig van trou en huis koop. Ek kan nie anders as om te wonder of dit is om my sag te maak en of hy dit regtig bedoel nie.

Antie, dis nog baie moeilik vir my om hom te trust. Hy het my baie seergemaak.

Daar is nog kere dat ek hom nie glo as hy laat by my kom nie.

Ek kan sien hy probeer, maar ek kan nie help om so te voel nie.

En as ek so voel, dan kan ek mos nie trou nie. My kop is so deurmekaar.

Ek wil hom nie verloor nie, maar ek wil ook nie weer vir ’n pop gevat word nie. – Confused

Hartjie, dis moeilik om iemand weer te vertrou wat jou so diep seergemaak het.

Dit gaan tyd vat. Niemand weet hoe lank en of jy ooit weer in staat sal wees om hom ten volle te vertrou nie.

Die goeie nuus is dat dit lyk of hy sy dinge laat staan het. Dit lyk of hy besef het sy toekoms lê by jou en jul kind.

Jy is egter reg om eers duidelikheid hieroor te kry voordat jy in die aisle afstap.

Jy wil nie later met ’n trouring aan die vinger sit, maar ’n loslappie-man langs jou in die bed hê nie.

Gee jouself tyd om weer vertroue in hom te vind. Deel hom ook so mee sodat hy nie verder druk op jou plaas nie. Net jy sal weet wanneer jy reg is vir so ’n groot, lewenslange stap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters