28 dae gelede
Ou looi skoonma hard wyl sy vrou hard werk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 54-jarige vrou wat gevoelens het vir ’n 28-jarige ou.

Hy sê hy is baie lief vir my en dat ouderdom nie saak maak nie.

Hy bel daagliks om my te verseker van sy liefde, maar ek begin twyfel omdat hy nog so jonk is.

Ek het self gevoelens vir hom ontwikkel, maar is ’n getroude vrou. Confused, WhatsApp

Vrou, daar is baie wat sal wonder wat jou dan nou sal makeer.

Ja, age is dalk niks anders as ’n nommer nie, maar daai nommer is op as jy klaar ’n getroude vrou is.

Dalk voel jy gevlei oor die aandag van ’n jonger man. Maybe kry jy selfs die aandag by hom wat jy nie by jou man kry nie.

Dit verander egter nie die feit dat jy getroud is nie.

Maak nie saak hoeveel keer ’n dag hierdie outjie jou bel nie – dit sê nie noodwendig dat sy feelings vir jou opreg is nie.

Daar is ’n groot kans dat hierdie feelings jou net kooi toe wil sleep. En dan verdwyn hy weer soos ’n groot speld in die nag en dan droog daai oproepe op.

As jy excitement in jou lewe soek, soek dit saam met jou man.

Werk daaraan om die opwinding in jou eie huwelik te laat herlewe, eerder as om met ’n jong lat jou verlore jeug na te jaag.

Ek hoop jy besef dat jy met vuur speel. Vuur wat jou huwelik kan verbrand.

Dink mooi voordat jy alles wegsmyt vir ’n jongetjie wat waarskynlik net jou bloemer-rek wil pap maak.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is albei 58 jaar oud en het een kind wat al uit die huis is.

Laas jaar het my skoonma by ons ingetrek. Haar man is al drie jaar dood.

My vrou was eendag in die werk en toe het skoonma kaal in ons kamer ingekom.

Ek het daai tyd gelê en sy het by my kom lê en my move gevryf en my gesoen.

Ek het gesê sy moet ophou, maar sy het gesê sy gaan dan ’n geraas opsit.

Ek het haar toe geseks totdat sy sê sy kry seer. Daarna het ons gereeld geseks.

Sy sê nou sy mis my penis, want dis lekker lank en groot en as ek weier om met haar seks te hê, gaan sy my vrou sê.

Help my, asseblief, Antie. Ek het dringend raad nodig. – Spyt, Whatsapp

Spyt kom altyd te laat. Lánk nadat jy gekom het.

As jy met die kop op jou nek gedink het, pleks van met die een tussen jou bene, sou jy jou beslis nie in hierdie situasie bevind het nie.

Jirre, wat julle aan jou vrou doen, is nie mooi nie.

Haar ma... jou skoonma... ’n ou vrou met ’n kaal lyf waarvoor jy op haar ouderdom nie eintlik eens half styf moes word nie.

Jy het basies twee opsies: Vertel jou vrou die waarheid of... vertel jou vrou die waarheid en sê vir skoonma jy sleep haar saam. Cos why, sy bluff jou baie lekker.

Jul hele onbetaamlike sak patats gaan eendag op die lappe kom. Dis net ’n kwessie van tyd. Eendag gaan jou vrou vroeg uit die werk kom en julle op heterdaad betrap.

Dan is jou huwelik in sy glory in.

Dan help die groot, lang voël waaroor jy so spog jou niks as die helfte van jou bates by die venster uitvlieg nie. Moet nou nie maak asof jy nie gewaarsku is oor die consequences van jou hoer­ery nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters