2 maande gelede
Ou is nou heel kortaf nadat­ ek seks afgee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS Z van L, 19 jaar oud en het onlangs ’n baie sweet outjie ontmoet. Nogal by die Waterfront. Voordat ons hom face to face ontmoet het, het ons ’n lekker online vriendskap begin.

Ná die ontmoeting was daar nou skielik emotions involved. Die ding is, Antie, ek is nog baie jonk en wou nie soema dadelik in ’n verhouding gaan nie.

Toe stel ek voor ons leer ken mekaar eers op alle vlakke beter.

Dis nou al vier maande dat ons mekaar so leer ken, maar toe is als nou opgemors toe hy voorstel dat ek by hom moet kom kuier.

Ek was toe heel excited, want ons het mekaar net een keer gesien nadat die feelings ontwikkel het.

Ek het by hom gaan kuier. Toe het ons seks, Antie.

Nadat ek die hele dag daar deurgebring het, het ek nogal gevoel ons gaan nou finally ’n relationship­ begin, want hy was nog so sweet toe hy my in die taxi sit. Ons het toe weer so gemaak twee weke daarna, maar ná daardie kuier is als toe so anders.

Hy ignoreer my dan nou heeltyd en as ons chat, dan is hy heel kortaf.

Ek weet nie wat of hoe om te voel nie. Wat doen ek, Antie? Z van L, WhatsApp

Liefie, daar is nie ’n ander manier om dit te stel nie: Hierdie sogenaamde “sweet” outjie was net agter een ding aan: jou koekienana.

Jou koekienana is iets wat jy nie sommer aan enige “sweet” ou gee nie.

Daar is niks wonderliks aan ’n ou wat jou op ’n taxi sit nie. ’n Guardjie kan dit ook doen – sonder dat jy met hom hoef te slaap.

Jy is nog jonk en hierdie is hopelik ’n lewensles wat jou altyd by sal bly.

Daar is mans én vroue in hierdie lewe wat nice sal bly totdat hulle gekry het wat hulle wou hê. Dan move hulle aan en laat jou agter met al die emotional baggage waarmee jy moet deal.

Vergeet van hierdie ou. Hy is nie jou verlange werd nie.

Wys hom jy is nie cheap deur agter hom aan te kruip nie. Laat hy in sy dinges vlieg.

Liewe Antie Mona

EK WIL net weet: as ’n man vir jou lovebites maak, jou koekie lek en jou phone vat om te kyk of jy met ander mans chat én dan nog slaan, hoe kan hy sê hy het nog nooit regtig iets vir jou gevoel nie?

Is dit moontlik? Of sê hy maar net hierdie dinge om my seer te maak? – Verward, WhatsApp

Liefie, kom ons skip vir eers die koekielek-affêre en fokus op iets wat Antie diep baie pla.

Wil jy vir Antie sê jy is onder die impression hy slaan jou omdat hy iets vir jou voel?

Nee! Hy het jou geslaan omdat hy ’n papbroek-robbies is wat niks respek vir jou het nie.

Hierdie jong het jou misbruik en gruwelik verneuk. Dís hoekom hy so op jou phone rondgekrap het – om te sien of jy dieselfde aan hom doen.

Dat hy nou sê hy voel niks vir jou nie, is eintlik ’n blessing in disguise, want nou kan jy aanbeweeg met jou lewe.

Jy stap weg en jy kyk nie terug nie. Laat hy in sy moer kruip, die sleg ding. Daai gees van “hy slaan my, want hy is lief vir my” moes al lankal uitgesterf het.

Die absolute waarheid is dat hierdie man ’n abuser is wie se gat jy eintlik in die tronk moes gesit het toe hy sy girly hande vir jou gelig het.

Moet vir geen oomblik van jou lewe ooit weer verlang na ’n ding wat nie jou verlange of liefde werd is nie.

Liewe Antie Mona

EK IS B van B en het ’n driejarige dogtertjie, maar ek en die pa is nie meer saam nie.

Ons het net ’n fling gehad en só het ek swanger geraak.

Ek het gevoelens vir hom gekry, maar hy voel nie dieselfde nie.

Hy is baie lief vir ons kind, maar behandel my soos ’n doodgewone mens.

Hy bly ook van ander girls voor my praat en hou daarvan om af te show as hy saam met ander meisies is om my jaloers te maak. B van B, Whats­App

Antie likes jou profile pic op WhatsApp. Jy is ’n gor­geous­ meisie en enige ander man sal maar te bly wees om jou sy girla te noem.

Vergeet maar van ’n outjie wat jou op so ’n childish wyse jaloers wil maak, maar nie in jou belangstel nie.

Daar is meer as genoeg visse in die see. Jy verdien beter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters