Verlede maand
Ou dink nog oor verhouding ná meisie cheat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS H van UTH en is drie jaar lank al in ’n verhouding.

Dinge is egter op die oomblik nie lekker tussen ons nie, Antie. Toe cheat ek met ’n getroude man.

Ek het nie geweet hy is getroud nie en het eers agterna daarvan uitgevind.

Ek het my ou baie seer gemaak en hom die waarheid vertel. Ek wil hom nie verloor nie.

Hy het gesê hy het tyd nodig om oor alles te dink.

Dink Antie ek moet nog aanhou baklei vir hom?

Ek val in my fout. Ek het hom al baie kere vantevore vergewe.

Maar dit is nie ’n verskoning vir wat ek gedoen het nie. – H van UTH, WhatsApp

Jy is reg. Wat hy ook al in die verlede gedoen het, is nie ’n ver­skoning vir jou daad nie.

Jy het immers die opportunities gehad om hom destyds al te los, maar het besluit om elke liewe fout van hom te vergewe. As dit by forgiveness kom, operate mense egter nie almal dieselfde nie.

Antie onthou nog baie goed dat jy al voorheen vir my geskryf en gekla het dat jy jou verhouding ’n bietjie opwindend wil maak.

Ek hoop jy sien en besef nou dat daar niks opwindends in cheating skuil nie.

Gee hom maar sy space sodat hy sy mind skoon kan kry.

Moenie enige druk op hom sit nie. As hy weer kans sien vir jou, is dit omdat hy wil en nie oor jy pressure op hom gesit het nie.

As hy nie meer kans sien vir jul verhouding nie, dan beweeg jy aan met hierdie dure les wat jy geleer het. As dinge nie lekker in ’n verhouding of huwelik is nie, dan werk jy aan die issues.

Probleme in ’n verhouding is nie die groen lig vir jou om jou partner te verneuk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters