Verlede maand
Ons verhouding het nie meer spark nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS C van U en ek en my outjie date nou al twee jaar en ses maande.

Ek is drie jaar ouer as hy, maar dit is nie ’n probleem nie, want hy is baie mature.

Ek is 26 en hy is 23 jaar oud. Ek werk en hy werk nie, maar dis glad nie ’n probleem vir my nie.

Ons is baie lief vir mekaar, maar ons het nou die dag daaroor gepraat en besef ons verhouding is nie meer so exciting soos aan die begin nie. Ek wil asseblief weet wat kan ons doen om dit weer exciting te maak.

Ons albei is bereid om dit te doen. Ons het daaroor gepraat, maar gaan nie opgee op ons verhouding nie. – C van U, WhatsApp

Jy wei nou nie eintlik uit oor waar of hoe jul verhouding vervelig begin uitdraai het nie.

En as julle dit meer exciting wil maak, weet Antie ook nie wat presies julle bedoel nie.

Wil julle meer outgoing wees en partytjies bywoon?

Dít sal anyway nie kan gebeur nie, want almal van ons is mos al ’n duisend jaar in lockdown.

Of ’n mens dit nou wil weet of nie, oor die jare vervaag passie se vlam, selfs al bly die liefde sterk.

Veels te baie couples raak so gemaklik met mekaar dat hulle nie eens meer veel moeite in hul verhouding insit nie.

Dit is goed dat julle daai vlam steeds hoog wil laat brand.

Julle moet saam besluit wat julle wil aanpak wat meer opwinding in jul verhouding sal blaas. Dis hoogs persoonlik en Antie kan dit mos nou nie vir julle sê nie.

Waak tog net daarteen om nie dinge te wil fix wat nie reggemaak hoef te word nie. Dalk makeer jul dinge net ’n afstof.

Liewe Antie Mona

EK IS jammer om te pla met sulke klein dingetjies, maar ek is eintlik op soek na raad vir kopluise.

Ek het alle goed gekoop, maar niks help nie. Dit is dan net goed vir ’n week, maar dan is die luise terug.

My dogtertjie is drie jaar oud. – Moedelose Ma, WhatsApp

Moet hierdie kwessie beslis nie as ’n “klein” probleem sien nie, want soos jy nou agtergekom het, is dit ’n hardnekkige storie.

Moenie uitfreak as die luise elke keer terugkom nie.

Gaan luister by ’n apteek vir ’n goeie produk – daar is baie op die mark – en staal jouself vir weke se gesukkel om van die klein peste ontslae te raak. Jy sal wel eventually van hulle ontslae raak. En tjek sommer jou dogtertjie se kop ook!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters