Liewe Antie Mona
EK IS AL en my broer is ML. Hy dien tans lewenslange tronkstraf uit.
Hy
is nou al sedert 1999 in die tronk. Ja, hy moet boet vir wat hy gedoen
het, maar hoekom is daar sekere gevangenes wat ’n paar lewenslange
tronkstrawwe opgelê word en dan kom hulle ná 18 jaar uit?
Dit breek my hart om te sien hoe die staat so onregverdig is.
Ek is baie ongelukkig hieroor. My broer is nou al amper 22 jaar in die tronk. – AL, WhatsApp
Parool is ’n privilege en baie beslis nie iets wat jy móét kry nie – veral as die aard van die oortredings in ag geneem word.
Nou,
Antie is all that vir tweede kanse in die lewe, maar wat gevangenes en
hul toestaan/afkeur van parool betref, word dit geguide deur seksie
73(6)(a) van die korrektiewe dienste wet.
Soos
baie van ons weet, kom baie inmates in aanmerking vir parool wanneer
hulle ’n sekere gedeelte van hul vonnisse uitgedien het. In baie gevalle
die helfte van hul vonnis, in ander ’n derde.
Soos
wat Antie dit ook verstaan, moet iemand wat al 25 jaar tronkstraf
uitgedien het, vir parool in aanmerking kom, maak nie saak hoe lank die
vonnis is wat hulle opgelê is nie.
Hierdie is jou
broer se 22ste jaar agter tralies. Lewenslange tronkstraf in SA beteken
25 jaar agter tralies of as die persoon ’n ouderdom van 65 bereik het.
Jy noem nie of jou broer al voorheen aansoek gedoen het vir parool en dit dalk toe afgekeur is nie.
Daar
is natuurlik ook ander kriteria waaraan hy moet voldoen, soos die
inskakeling by programme wat vir sy rehabilitasie saamgestel is. Ons
weet nie hoe hy met hierdie programme vaar en of dit dalk ’n impak op sy
aansoeke om parool het nie.
Elke geval verskil.
Daar kan nie gekyk word en gesê word, ja, maar kyk na Nie-So-Lekker Ou
Jan wat die allerverskriklikste misdaad gepleeg het en ná 15 of 18 jaar
weer vry is nie.
Die verlange is groot; Antie
verstaan dit. Jy moet egter ook verstaan dat die belange van die
samelewing buite vier mure die meeste weeg wanneer daar besluit word om
iemand vry te laat.
Ek weet nie watter misdaad
jou broer gepleeg het wat tans besig is om hom oud in die tronk te maak
nie, maar ons kan net hoop wanneer hy eventually eendag uitkom, is hy ’n
beter mens en ’n bate vir die samelewing.
Indien
jy dinge verder wil vat, kan jy die Paroolraad kontak by 012 307 2998
of 012 307 2999 en by hulle hoor watter stappe jy kan volg om ’n
parool-hearing vir jou broer geskeduleer te kry.
Dit sal ook baie help as julle ’n lawyer kan aanstel wat in sulke gevalle spesialiseer.