2 maande gelede
One-minute-noodle tjom dryf vrou in my arms
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK KAN nie genoeg kry van my tjommie se vrou nie.

Antie, daar is natuurlik mense wat my nou gaan kruisig, maar wie kan dan die lus keer?

Ons het seker nou al drie jaar lank ’n ding aan. Niemand suspect enige iets nie. Voor ander mense lyk dit asof ons mekaar nie kan vat nie, maar boy oh boy, as ons ophook, dan is dit fireworks.

My tjommie se vrou werk in rentals, so daar is altyd huise wat leeg staan. Sy sal my net die adres whatsapp, dan steek ek daar uit.

My vriend het natuurlik nie ’n clue nie, want hoewel ons al ’n lang tyd vriende is, hang ek nie eens by sy huis uit nie.

Sy vrou sê hy is ’n one-minute wonder wat haar nie kan satisfy nie. Wie is ek dan nou om ’n gegewe perd in die bek te kyk?

Ek verstaan dat sy nie haar man gaan los nie. Ek expect dit ook nie van haar nie.

Vir my gaan dit daaroor dat ons mekaar ’n gawe tyd gee. Ons het agree as ek eendag die vrou van my drome ontmoet, sal ons hierdie ding stopsit.

Ek voel glad nie sleg hieroor nie, want dis nie my skuld as ’n pakkie two-minute noodles langer last as hierdie ou nie. – Mr. Loverboy, WhatsApp

Jirre, sal jy dan ’n mens so vroeg in die môre ontstel?

Antie het lanklaas iemand so sien brag en trots op homself wees vir sy eie sleggeit. Dan noem jy jouself nog ’n vriend ook?

Jy is een van daai mense met ’n vreeslike onaangename persoonlikheid en ’n vleeslike lus vir ander mans se vroue.

Eintlik verdien julle twee mekaar. Besef net dat dit slegs ’n kwessie van tyd is voordat jul dinge op die lappe kom.

Karma hou daarvan om sulke hoereerdery ’n traan te druk.

Liewe Antie Mona

EK HET onlangs ’n paartjie uitgehelp wat ek gedog het baie swaar kry.Antie, die vrou het op ’n Facebook-groep geskryf hoe swaar dit met haar gesin gaan.

Ek het hulle jammer gekry en toe ’n pakkie opgemaak en vir haar gegee.

Maar ek het lanklaas sulke ondankbare mense gesien. Ek moes hoor die kinders eet nie dit of dra nie daai klere nie. Hulle was omtrent neusoptrekkerig.

Tot my skok moes ek ook ontdek dat die geld wat hulle so bedel eintlik vir drugs is en nie vir kos nie.

Dit was soos koue water in my gesig, want ek het regtig gedink ek doen ’n goeie ding.

Ek het my voorgeneem om hulle nie weer te help nie, maar nou is die mense omtrent lastig. Ek word boodskappe gestuur en as ek nie antwoord nie, word ek uitgevloek.

Later word daar weer ’n boodskap gestuur en verskoning gevra en dan gesê dit is die stres wat haar so laat optree.

Ek kry die kinders jammer, want hulle het nie gevra vir sulke ouers nie. Maar aan die ander kant kan ek ook nie my so laat uitbuit nie, want ek het self ’n gesin vir wie ek moet sorg. – Ontnugter, Whats­App

Sulke soort mense maak dit natuurlik altyd moeilik vir diegene wat regtig in nood is en elke bietjie hulp opreg waardeer.

Hierdie is ’n ding wat veels te dikwels kop uitsteek. Antie het dit al selfs by sopkombuise opgemerk.

Fris, gesonde grootmense wat niks makeer nie, staan in ’n ry vir sop en moan dan die hardste oor die gehalte en grootte van die porsie vleis in hul ice-cream-bak.

Dít terwyl ’n antie haar afgesloof en uit haar eie sak vir die ingredients betaal het. Die ondankbares sal altyd met ons wees. Maar dit beteken nie jy hoef hierdie gedrag van hulle te entertain nie.

Jou bedoelings was opreg, maar hulle wou jou goedheid deur hul naat trek. So, nou onttrek jy jou heeltemal en laat hulle maar op eie genade hul way probeer maak.

Blok ook hul nommers sodat hulle jou nie kan lastig val nie. As hulle ander means vind om jou te kontak om nasty te wees, laat die polisie so ’n draai by hulle gooi.

Moenie dat hulle jou so naar maak dat jy nie meer kans sien om ander te help nie. Daar is baie hulpbehoewende gesinne wat opreg swaar gebuk gaan onder die pandemie en armoede.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters