Verlede maand
Ondankbare mense wil haar laat tou opgooi
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n klein sopkombuis wat ek bedryf. Ek doen dit uit my eie sak uit.

Ek het nie baie geld nie, maar geniet dit om my medemens te help.

Iets wat my baie pla, is hoe ander ’n mens kan af druk. Selfs die mense wat jy probeer help.

Kan Antie glo daar is selfs grootmense wat nie dankbaar kan wees nie. Hulle moan oor als – die hoeveelheid vleis in hul bakke, hoe min die kos is... Ek probeer so veel moontlik mense help, maar hierdie gedrag put my uit.

Hierdie is mense wat hul werk verloor het met kinders wat nie aldag kos in die huis het nie.

Hulle maak my so moeg. Daar is dae dat ek eenvoudig net wil tou opgooi. – Teleurgesteld, e-pos

Ongelukkig is daar baie ondankbares in die lewe wat selfs op ’n blessing wil neerkyk. Hul aanvank­like dankbaarheid draai ongelukkig baie gou uit in kritiek.

Dan raak hulle kosfoendi’s wat elke maaltyd van jou wil judge, so asof hulle judges my MasterChef of ’n ding is.

Dis moeilik, maar moet jou nie aan hulle en hul comments steur nie. Al verdien hulle nie daai bord kos wat jy met soveel liefde berei het nie, moet jy dink aan hul kinders wat nie gevra het vir sulke domonnosele, ondankbare ouers nie.

Jy het ’n hart van goud en wat jy doen, is vir hierdie kinders wat, as dit nie vir jou was nie, baie aande honger sou gaan slaap het.

Bid maar vir die ondankbares, want vir hulle is die poorte van idiootskap eendag op die menu.

Die mense wat so sonder enige regskwalifikasies wil judge, sal altyd met ons wees. Maar jy bly kyk na die groter prentjie en moet nooit vergeet dat jy ’n absolute engel van ’n mens is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters