8 dae gelede
Onbeskofte eks jaloers op my nuwe boyfriend
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK GAAN met ’n jong man uit.

Nou is my eks jaloers, maar hy gaan met ’n 33-jarige vrou uit.

Noudat ek ’n outjie het, perform hy met my.

Hy het selfs ’n interdik teen my gaan uithaal.

Ek het ook teen hom ’n interdik gekry.

Hy was al die jare onbeskof met my.

Ek is besig om van hom te skei en het jare lank nie ’n outjie gehad nie.

Hy sê nou my outjie mag nie by die huis kom nie. Dit is my huis ook. Hy lewe saam met die vrou in haar huis.

Ons kom binnekort voor vir die skeisaak. Wat dink u van hom wat so perform?

Die vrou by wie hy nou bly, het al die jare geweet hy is getroud.

Hy kan nie glo dat ek nou ’n boyfriend het en aangaan met my lewe nie, nou wil hy my boyfriend seermaak. J, WhatsApp

Ja, nee. Hierdie situasie is ’n skoen wat hom nou nie so lekker pas nie.

Alles was fine toe hy die een was wat rondgemors het en jy stoksielalleen by die huis moes sit.

Nou kan hy dit nie vat dat jy ook geluk gevind het nie.

Laat jul skeisaak determine wat met jul huis en ander bates gebeur en vat dit dan maar van daar.

Jy het die reg op jou vryheid en om met jou lewe voort te gaan – nes hy.

Laat die gereg met sy gal werk as hy wil voortgaan om jou lewe te verpes.

Liewe Antie Mona

EK HET by ’n polisieman ’n kind. Hy het nog ander kinders.

Hy weier egter om vir my kind onderhoud te betaal.

Sy oudste kind gaan na ’n privaat skool, waarvan hy die duur skoolfonds betaal.

Waar kan ’n mens so ’n polisieman laat vasvat wat veronderstel is om wet en orde te handhaaf?

Ek wens daar is ’n blog iewers waar ’n mens hierdie tipe pa’s kan famous maak. Moedelose Ma, WhatsApp

Daar is baie dae dat Antie wens daar was ’n spesiale hel vir hierdie gewetenlose papgeld-ontduikers.

Om jou eie vlees en bloed te ontken en af te skeep, is ’n gruwel van ’n sonde.

Wat jou kinders betref – jy kan nie die een NikNaks en die ander Lays wil gee nie.

As pa het hy wetlik ’n finansiële verantwoordelikheid teenoor jul kind. Of hy nou wil of nie.

Moet hom nie verder soebat om sy pligte na te kom nie.

Gaan na jou naaste hof se maintenance-afdeling en sit die wiele van papgeld in motion.

Ongelukkig kan dit ’n lang, uitgerekte proses wees hierdie.

Die kans is ongelukkig groot dat hy sal probeer om dinge te delay omdat hy uit die aard van sy werk as polisieman heel waarskynlik beamptes sal ken wat by die onderhoudshof werk.

Maar God slaap nie. Eventually sal justice vir jou kind geskied.

Wees geduldig en byt vas!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters