Verlede maand
Nie meer goed genoeg toe ek my werk verloor
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS gebreek en het in 2020 alles verloor – my werk, my huis, my vrou en my kind...

Hulle lewe nog, maar bly in ’n ander dorp.

Ek het probeer kontak maak met my kind, maar omdat ek nou nie meer ’n goeie werk het nie, wil my vrou niks met my te doen hê nie.

Ek het ál die jare vir my, my vrou en my kind gewerk. Ek het nou onlangs weer werk gekry, maar dis nie ’n goeie job nie, Antie.

Ek verdien darem ’n bietjie geld. Hoe maak ek my verhouding reg met my vrou sodat ek elke aand as ek uit die werk uit kom, geluk in my hart kan hê?

Antie, ek is lief vir haar en wil haar nie verloor nie. Wat staan my te doen? – Anoniem, WhatsApp

Ten minste het jy darem nou weer ’n werkie. Een ding wat jy moet onthou, is dat ’n mens actually nooit genoeg in terme van ’n salaris sal verdien nie.

Elke bietjie help en selfs hierdie bietjie kan jou in staat stel om uit te kyk vir ’n ander werk waar jy meer sal verdien.

Dit kan maar tough wees as ’n verhouding of huwelik berus op ’n payslip en wie wat na die finansiële tafel bring.

Sy kan nie jou kind van jou weerhou nie en as pa het jy ook regte. Een van dié regte is om toegang tot jou kind te hê.

Julle sal soos grootmense kalm om ’n tafel moet sit en jul issues aanspreek en uitsorteer.

Dit gaan nie net oor julle nie. Daar is ’n kind ook in die prentjie wat nie gevra het om in die middel vasgevang te wees nie.

Kontak haar en vra of sy nie asseblief bereid is om met jou te sit en die ding uit te praat nie.

Hopelik stem sy in en só ’n stap kan dalk net die begin van healing vir julle albei wees.

Liewe Antie Mona

EK EN my gesin het ’n paar jaar gelede platteland toe getrek.

Antie, ek het ’n wonder­like werksgeleentheid gekry en dit was ook goed om die kinders uit die stad te kry en hulle in ’n veiliger environment te sit.

Ek kan sien dat dit die beste besluit was, want my kinders is baie gelukkig. Ongelukkig kan ek nie dieselfde van my vrou sê nie.

Sy weier eenvoudig om aan te pas en blameer my dat sy nou so ver van haar ouers moet wees.

Maar sy was die een wat my aangemoedig het om vir die werk aansoek te doen.

Ons stry baie hieroor en ek kan sien dat sy sielsongelukkig is. Dit het nou gemaak dat sy elke aand ’n paar doppe drink en as sy so aangeklam is, moet ek hoor hoe ek die joy uit haar lewe gesteel het.

Antie, in die drie jaar wat ons hier is, het sy nie eens moeite gemaak om vriende te maak nie. Ek kom baie goed met mense oor die weg en het al ’n paar kollegas en hul vroue oorgehad vir ’n kuier – net sodat my vrou ook geselskap kan hê.

Maar dan is sy so nors en suur en almal is ongemaklik. Hierdie ouens en hul vroue kom kuier dan nie weer nie.

Hoe hanteer ek hierdie ding met my vrou? Ek is nou op daai punt waar ek nie eens meer lus is om ná werk huis toe te gaan nie. – Ongelukkig, e-pos

So lieflik en hemel-op-aarde soos wat die platteland mag wees, is dit nie vir almal nie.

Vir ’n stadsmens soos jou vrou is dit ’n verskriklike groot aanpassing, veral as sy haar hele lewe lank aan die hustle van die stadslewe gewoond is.

Om egter te kenne te wil gee dat jy haar basies platteland toe “ontvoer” het, is ook nie die regte way om hiermee te deal nie.

Laat sy van tyd tot tyd vir haar familie in die stad gaan kuier. Dalk as sy gereeld haar verlange so kan stil, sal sy besef dat die platteland en stad kan versoen en dat dit glad nie so bad is om te bly in ’n plek waar daar die skoonste van lug, die vriendelikste van mense en die lekkerste van atmosfere is nie.

Daar moet ’n bereidwilligheid wees van haar kant af om dinge te verbeter en ’n lewe daar te skep vir haarself. Sy need om verby die drankbottel te kyk na activities waarmee sy haarself kan besig hou.

As hierdie ding nie aangespreek en uitgesorteer gaan word nie, gaan dit onnodige wrywing en konflik in jul huwelik veroorsaak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters