27 dae gelede
Ná ‘onskuldige texting’ wil ek eerder vrou los
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET op my vrou se phone gesien sy doen sexting met ’n kollega van haar by haar werk.

Ek vra haar toe of enigiets fisiek tussen hulle gebeur het en sy sê nog heeltyd vir my daar het niks tussen hulle gebeur nie.

Nie eens ’n touch of ’n soenery nie.

Die kollega is ook getroud.

Kan ek haar glo, Antie?

Sien, vir my is dit uiters moeilik om haar te glo.

Ek oorweeg dit om nou van haar te skei.B van R, WhatsApp

Hul gedrag is baie inappropriate, veral vir getroude mense.

As daar nou ’n vattery of soenery was, sal sy nooit aan jou erken nie, want sy weet alte goed dit sal dinge soveel erger maak.

Daar is niks daarmee verkeerd om ex­citement in jou lewe te soek nie, maar dan soek jy dit binne-in jou huwelik.

Hierdie geflirt is pogings om die waters te toets, maar dan maak jy jou huweliksbootjie deur storm en troebel waters vaar.

Dit is te verstane dat jy sukkel om haar te vertrou en te glo wat sy vir haarself te sê het.

Moet egter asseblief nie so vinnig uit die blokke wees skeihof toe nie.

Die teleurstelling is groot, ja. Jy voel te na gekom, ja. Jy voel belieg en vir ’n pop gevat, ja.

Maar jy gee nie op voordat álles moontlik gedoen is om jou huwelik te laat werk nie – veral nie as daar dalk kinders involved is nie.

Dalk was hierdie die wake-up call wat jou vrou nodig gehad het om te besef wat op die spel is en watter kosbare mens in jou sy kan verloor.

Dink mooi na. Koel af. Allow jouself om mooi oor alles na te dink en dan neem jy ’n besluit.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters