Verlede maand
Na 20 jaar wil hy kom en gaan nes hy wil
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n groot probleem.

Ek is getroud met ’n man wat ander vroumense bly sien.

As ek met hom daaroor praat, dan sê hy net hy sal dit nie weer doen nie.

Ons is al 20 jaar getroud en elke keer kom en gaan hy nes hy wil.

Antie, ek wil nie my man verloor nie, want ons maak twee kinders groot.

Gee vir my raad, asseblief.

Ek is baie moedeloos.  N van MB, WhatsApp

Vrou, dis van nie man wil verloor nie dat jy toelaat dat hierdie man jou so vir ’n pop vat.

Hy beloof elke keer om sy dinge te laat staan, maar gaan net voort met sy jagsgeit – wetend dat jy verleë vir hom is.

Hierdie man van jou gaan nie sy dinge laat staan nie. Hy sal aanhou om jou so te verneder totdat jy plak vasmaak.

As jy nie bereid is om vir ’n slag aan jou en jul twee kinders se happiness te dink nie, gaan hierdie man en sy sleggeit nooit end kry nie.

Jy kan wraggies nie eers wil wakker skrik wanneer hy jou met een of ander vleeslike kwaal besmet het nie.

Dit gaan jou absoluut niks baat om te kla oor iets wat jy nie wil uitsort nie.

Niemand hou ’n gun teen jou kop en force jou om te bly by ’n man wat niks van jou en jul kinders dink nie.

Wil jy dan regtig vir die volgende 20 jaar steeds opgeskeep sit met ’n sleg etter van ’n man wat rondhoer en rumoer?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters