15 dae gelede
’n Ma raak nie sommer vir niks lastig nie, Pa
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS M van S en daar is ’n walglike t**f by wie ek ’n kind het.

Ek kan nie loop nie, dan is sy mal. Daar mag nie mense by my plek kom nie, dan is sy mal.

Ek doen en gee alles vir my kind, maar ek weet nie wat sy soek nie.

Kry asseblief vir haar ’n man, Antie? – M van S, WhatsApp

Dit is verskriklik ontstellend om te lees hoe jy na ’n vrou verwys.

En dan is hierdie vrou boonop die ma van jou kind.

Sy was nie “walglik” toe jy by haar gelê en ’n babytjie gemaak het nie.

Sy was nie “walglik” toe sy jou kind nege maande met liefde binne haar gedra en met groot pyn die lewe ingebring het nie.

Antie vermoed dat jou lewe minder “walglik” sal wees as jy ’n slag respek kweek vir haar en vroue in die algemeen.

Ek kan ook nie anders as om te wonder wie haar in die eerste plek so “mal” gemaak het nie.

Kan dit wees dat sy so uitgedraai het weens jou betrokkenheid by ander vroue?

Dit is tyd dat jy jou aandeel erken in hoe sy uitgedraai het.

Sy het nie ’n man in haar lewe nodig nie.

Wat sy nodig het, is dat haar kind se pa haar vir ’n slag met die nodige respek behandel.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters