Verlede maand
’n Lastige jong wil nie my aanstaande uitlos
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met ’n mannetjie wat nie my aanstaande wil uitlos nie.

Hy bly haar pla en boodskappe stuur.

Wat staan my te doen? – Aanstaande, WhatsApp

So ’n lastige vlieg kan nogal ’n pyn wees. Al wat jy tans wil hoor, is die gelui van trouklokke, maar nou is dit nog die lastige gezoem van hierdie vlieg in jou ore.

Wat eintlik baie maklik behoort te werk, is as jou aanstaande self hierdie mannetjie vasvat.

Daar kan ’n versoek aan hom gerig word om haar uit te los, want sy stel nie belang nie. Sy kan dan ook sy nommer blokkeer om seker te maak hy kontak haar nie.

Indien hy egter steeds nie wil hoor nie, sal daar gekyk moet word om ’n harassment-saak teen die man aanhangig te maak.

Ongelukkig sê jy nie veel oor hoekom hierdie ou nie jou meisie wil uitlos nie. Ons kan mos nou nie bespiegel nie.

Hopelik laat staan dié man sy lastigheid as hy uit die perd se bek (jou meisie) hoor dat hy nie ’n kat se kans by haar staan nie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters