Verlede maand
My werklose man jol terwyl ek hard werk
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN is al meer as ’n jaar werkloos.

Antie kan imagine hoe moeilik dit is om ’n huishouding met net een salaris aan die gang te hou, maar dis nie wat my pla nie.

Ek vermoed my man jol. En dat hy dit nogal doen as ek in die werk is. Ek het ook al kondome in die kar gekry, toe sê hy dit is ’n vriend van hom s’n.

Ek is nie convinced nie, want hierdie vriend is dan ook getroud. Tensy hulle saam hul ding doen?

Ek voel nie lekker oor hierdie hele saak nie, maar ek besef hy gaan ook nie oop kaarte met my speel nie. Hoe moet ek die situasie benader? – Ontsteld, per e-pos

Jy is so reg – ’n joller sal nooit in sy skuld val nie en selfs al word hy uitgevang, gaan hy altyd ’n storie opdis van hoe jy hom in die arms van ’n ander vrou gedryf het.

Eers sal jy jou storie en feite agtermekaar moet kry.

’n Vermoede gaan hom nie laat confess nie. Hy sal dikhou dat daai condoms nie syne is nie.

Dit sal Antie nie verbaas dat hy klaar die saak met hierdie vriend van hom bespreek het nie.

As hulle kop in een jol-mus is, soos wat jy vermoed, het hulle albei klaar hul storie agtermekaar.

So, maak vir eers asof jy maar aankap asof daar niks issues is nie. Maak hom gerus, maar in die meantime maak jy ook jou bewyse bymekaar.

As jou ondersoek dan vind dat hy wel agter die jol-deur staan, sal jy natuurlik moet besluit waarheen hierdie huwelik op pad is.

Dit is nie fair dat jy moet swoeg en sweet om die pot aan die kook te hou, terwyl hy in ’n ander vrou se bed sweet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters