16 dae gelede
My vroutjie haal net uit as ek ’n tjieng neersit
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS P van E en dis omtrént ’n gesukkel om seks by my vrou te kry. Ek moet haar soebat vir seks en moet haar eers betaal voordat sy my iets gee.

Het Antie dalk raad vir my? Ek weet nie meer wat om te doen nie. – P van E, Whatsapp

Nee, genade. Hoe klink dit dan jy bevind jou in ’n Voortrekkerweg-huwelik?

’n Mens betaal mos nie vir seks met jou eie vrou nie. Waar pas dit?

As ek jy is, weier ek en hou maar bietjie uit.Dalk gee sy ook maar weens lus in en besef dat selfs die vleeslikeplesier van die lewe nie op sale hoef te wees nie.

Het jy al met jou vrou hieroor gepraat?

Hierdie buy-one-get- one-free-gedagtes van haar gaan jou mos kaal uittrek. Finansieel, natuurlik.

Maak jou vrou sit en sê aan haar jy weier om verder vir seks te betaal. En jy budge nie. Selfs al sê sy jy kan op lay-buy jou ding doen.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters