Verlede maand
My vrou jol met haar vriendin se broer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is al 35 jaar getroud, maar net 5 daarvan was gelukkige jare.

Toe my dogter vyf jaar oud was, het ek uitgevind my vrou jol met haar vriendin se broer.

Sy familie het van die hele storie geweet.

Hulle wou net altyd my vrou alleen by hul huis hê, want die hoerman was onder sy vrou uit en hy het by sy suster gebly.

Sy suster het al sy gemors toegelaat. Toe ek my vrou een aand wou gaan optel, kry ek hulle in ’n donker kamer sit.

My vrou het nie daardie aand huis toe gekom nie, want hulle het klaar beplan wat hulle gaan doen.

Daar is baie kere dat ek voel ek wil hulle vir ewig uitsort.  Ontevrede Man, WhatsApp

Dit is regtig jammer dat jou vrou al dekades niks van jou en jul huwelik dink nie.

Maar moet asseblief nie iets drasties aanvang nie.

Hulle is dit glad nie werd dat jy in ’n tronk opeindig nie.

Jy het natuurlik oor die jare ter wille van die kind(ers) in hierdie huwelik gebly en maybe selfs omdat jy ten spyte van alles steeds lief is vir haar.

Die kinders is egter nou groot en jy hoef nie jouself verder te torture nie.

G’n mens is ooit te oud om ware geluk te vind nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters