21 dae gelede
My vriendin wil die kat nou wettig begin knyp
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nou nie wat gaan aan met hierdie vriendin van my nie.

Sy wil nou haar man los om by my te kom intrek.

Sy was Saterdag hier by my en het baie gehuil.

Ek weet nie watse probleme daar tussen haar en haar man is nie.

Hulle is nou sewe jaar getroud. Ek en sy het in die verlede die kat in die donker geknyp.

Ek het haar Saterdag “pak gegee” en nou wil sy hê ek moet haar weer “pak gee”.

Antie, wat staan my nou te doen? – Anoniem van E

Dit is duidelik dat hierdie getroude kat nie meer in die donker geknyp wil wees nie.

Sy wil haar man los en jou wettige kat word, maar dis ook duidelik dat hierdie planne van haar nie lekker­ sit by jou nie.

In jou voice note kon Antie sommer hoor hoe trek jou keel toe van worry.

Het jy dan gedink ’n ander man se vrou sal nie verlief raak as jy haar “pak gee” nie?

Wat julle aan haar man doen, is nie mooi nie.

Jy klink ook nie eens jammer oor wat julle aan hierdie arme man doen nie.

Dalk deserve julle mekaar. Maybe is dit nie ’n slegte idee dat sy haar man los en by jou intrek nie.

Haar man kan dan iemand kry wat nie so ander manne se kat ook wil wees nie.

En jy gaan met ’n kat sit wat darem saam jou in die dag gesien wil wees.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters