9 dae gelede
My vervreemde man stuur nou dick pics
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

VANDAG kom ek ook aanklop om hulp by Antie.

Ek en my man van 12 jaar is nou al drie jaar van bed en tafel geskei, maar hy woon reeds met sy girlfriend en ek op my eie.

Hy hou my soos ’n valk dop en sal oggendure vir my porn stuur en vra of dit ek is wat met my nuwe jong lê.

Hy stuur sommer pics van sy move en vra of ek dit nog onthou.

Ek is later so vies vir sy aantygings dat ek hom vloek en skel. Dan los hy my weer af.

My lewe staan stil en ek gaan nêrens.

Ek leef net vir my werk en ons kind en as ek wel die dag uitgaan, voel ek so rusteloos en wil net by die huis kom.

Ek wonder of daar buite in die wêreld ’n prins vir my beskore is, Antie.

My hart was stukkend en hoe beweeg ek aan?

Hy geniet hom en sê net ek bly sy vrou. Maar dis net op papier.

Ek weet nie hoekom ek nog so vaskleef nie.

Help, asseblief, Antie! – Verlore, e-pos

Vrou, daar is geen rede hoekom jy so verlore in hierdie wêreld hoef te voel nie.

Geluk en liefde kán vir jou beskore wees as jy so ’n paar veranderinkies maak.

Heel eerste is dit tyd dat die egskeidingsbal aan die rol gesit moet word.

Jou huwelik idle nou reeds drie jaar lank, maar dit beweeg nêrens heen nie.

In die meantime geniet jou vervreemde man hom gate uit en hou jou in die background as ’n opsie, as hy uitgekuier sou raak met sy girlfriend.

As jy tot skei kom, verbreek jy ook daai vieslike houvas wat hy op jou wil behou.

Hy sal jou steeds nie vir ’n ander man wil gun nie, maar daar is ways en means deur middel van interdikte wat jy hom anyway op sy plek sal kan hou.

Dis glad nie gesond om jou lewe so op hold te sit en dit oor ’n man wat nie jou liefde en respek verdien nie.

Die original Mr. Right sal nie sy opwagting maak terwyl jy nie eens hierdie hoofstuk in jou lewe afgesluit het nie.

Jy het nou genoeg gesuffer. Dis tyd dat jy jou happiness vir ’n slag eerste stel.

Wees dapper en vat daai eerste stap in die rigting van jou vryheid.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters