Verlede maand
My twee loafgat-susters dink die lewe skuld hulle
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS die oudste dogter en enigste erfgenaam van my ma.

Ek was nog altyd baie responsible en moes vroeg uitspring en gaan werk.

Ek het egter seker gemaak ek voltooi matriek, al het ek reeds vanaf gr. 10 naweke en vakansies gewerk.

My jonger susters maak die lewe vir my baie onaangenaam.

Wanneer ek terugdink daaraan het ons altyd vir my suster V ’n free pass gegee.

Sy het op 17 die lewe gegee aan ’n dogter. Sy het ’n tweede dogter gekry en toe die kleinding een jaar oud was, het sy met die pa getrou.

Die huwelik was baie onstuimig. Hulle het by my ma ingetrek en ná vele jare is hulle vervreemd.

Sy het ’n alkoholprobleem en omdat albei gedrink het, het sy in 2008 haar dogter verloor deur die staat.

In 2010 het sy weer die lewe gegee, maar die baba verloor deur neg­lect.

Sy het 15 jaar laas gewerk. Sy betaal nie huur nie en woon basies gratis.

Die ander sus is 35. Sy het tik begin gebruik toe sy 20 was.

Albei is baie wild en toe my ma nog geleef het, die huis gereeld afgebreek.

My ma het my sus die huis belet. Sy het gesteel en was baie ongeskik.

Verlede jaar het sy die lewe gegee. Sy werk nie en het seker 10 of 12 jaar gelede laas gewerk.

Albei woon in my ma se huis en soek nie werk nie.

My sus V se 22-jarige het ook nou ’n baba. Die ma en dogter het gedog die huis moes hulle s’n wees. Die sus van 39 se dogter werk ook nie. Sy woon nou by haar boyfriend.

Ek het besluit ek is moeg vir hul luiheid en het geld geleen, ’n wendyhuis in die agterplaas opgesit en vir die twee susters gesê hulle moet daar intrek. Ek verhuur die huis nou uit.

Ek wil net die beste vir hulle almal hê en wens hulle kan hul toekoms ernstig opneem. Bekommerde Suster

Antie is trots op jou dat jy van jongs af die dryfkrag en visie gehad het om dinge in die lewe te bereik.

Jy is ’n bewys daarvan dat ’n mens se omstandighede nooit ’n verskoning is om te verhinder dat jy jou drome najaag nie.

Maar nes ’n mens nie jou familie kan choose nie, kan jy ongelukkig ook nie hul lewenspaadjies vir hulle kies nie.

In hierdie lewe kry jy mense wat wil en diegene wat eenvoudig nie wil nie.

Hulle blameer alles en almal vir die mishaps in hul lewe – alles en almal behalwe hulself.

En natuurlik is dit hartseer dat die mense vir wie jy so lief is, hul potensiaal hul lewe lank vermors.

Hou aan om hulle te motiveer en aan te moedig om hul lewe te verander. Laat hulle verstaan jy is daar as hulle ’n ommeswaai wil maak.

Hopelik dring jy eendag tot hulle deur en laat hulle besef hulle lewe nie net om gratis asem te haal nie, maar ook om drome na te jaag.

Die Antie Mona-show

TEEN hierdie tyd weet die hele wêreld hopelik dat Antie se TV show sterk op pad is.

In samewerking met die lekker mense van VIA is Antie se show wat tans in die pyplyn is, regtig iets om na uit te sien.

Antie wil ’n bietjie spog en sê hierdie gaan maklik die show van die jaar wees op Suid-Afrikaanse TV.

Maar enige show van dié aard het deelnemers nodig en dis hoekom Antie julle hier uitnooi om Suid-Afrikaanse TV-geskiedenis te kom maak saam met haar, Bouncy, Jane en Mêrrim wat so lekker kan kêrrim.

Kom gesels ’n bietjie met ons oor al die uitdagings in jou lewe. Antie is altyd hier vir jou, nes sy altyd was en altyd sal wees.

Stuur ’n WhatsApp-boodskap of voice note na 082 858 0044 en vertel kortliks waaroor jou issue gaan.

Deelnemers moet ook bereid wees om ’n dag aan verfilming af te staan en sal ook die lekkerste goodies kry.

Die getal deelnemers groei by die dag – dis die reine, reine waarheid.

So, spring en boek jou spot onder die groep deelnemers aan die eerste reeks.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters