16 dae gelede
My suster weier om my huis terug te gee
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS M en in 2009 was ek en my suster by ’n auction waar ons huise gaan view het. Daar was ’n huis waarin ek belang gestel het, maar ek kon nie bie nie, want ek was nie as ’n bieër geregistreer nie.

My suster was wel. Ek het toe die eiendom op my suster se naam gekoop, net om die deal deur te kry.

Nou sit ek met eindelose pro­bleme, Antie. My suster weier nou om aan my die huis terug te gee.

Sy het my nou eerder ’n prokureursbrief gestuur waarin sy sê dat ek die huis vir haar gekoop het. Maar my hele­ familie weet dat ek die wettige eienaar van die huis is. Wat staan my te doen?

My familie is almal bereid om affidavits af te lê dat die huis wel aan my behoort. – Hartseer Suster, Whatsapp

Nee kyk, so ’n suster wil niemand hê nie. Antie reken jou suster het hoeka beplan om jou uit die huis te konkel, wel wetende hoe die bie-proses werk en dat sy conveniently daar sal wees as jy iets like en nie geregistreerd is nie.

Jou suster ken nie van common decency nie en gaan nie oornag ’n vel oor haar gesig ontwikkel nie.

Met dié dat sy jou ’n prokureursbrief gestuur het, het sy haar plan duidelik gemaak. Sy gaan nie sonder ’n fight uit daardie huis nie.

Jy sal ’n lawyer moet kry wat spesialiseer in eiendomsreg.

Die howe is jou enigste uitweg om vir eens en altyd jou suster se bedrog bloot te lê, en dit te kry wat regmatig aan jou behoort.

Vir jou onthalwe hoop ek ook jy kan die mense van die auction opspoor en dat hulle jou weergawe sal kan staaf. Jou familie se bedoelings mag dalk opreg wees, maar hulle was nie die dag van die auction saam met julle nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters