Verlede maand
My sleg man gee my nooit 'n kompliment
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man gaan die laaste paar maande deur hel.

Hy was in die verlede ontrou aan my, maar ek was nie bewus daarvan nie en soos die jare aangegaan het, het hy op verskillende tye sommer uit die huis geslaap.

Hy het later begin slaan aan my as ek geskel het oor die dinge wat hy aanvang.

Ek het later uitgevind hy gebruik drugs ook, maar het hom elke keer vergewe.

Toe dit lyk my man is nie lief vir my nie, het ek dié jaar ook betrokke geraak by ’n ander man.

My man bly tyd spandeer met sy vriende, maar is te moeg om met my te gesels.

My man het toe uitgevind en omdat my gewete so aan my geknaag het, het ek hom toe gesê dis beter as ons paaie skei.

Hy sê toe dis reg, ek en my kinders kan maar gaan.

Maar toe ek die hartseer in sy oë sien, besluit ek toe nog nooit gaan ek die jare se opofferings in hierdie huwelik opgee nie.

Ek sê toe vir hom ál wat ek wil hê, is dat hy my met respek moet behandel en nou en dan aan my moet wys dat hy lief is vir my.

Ek het nooit enige vleiende woorde van my man gekry nie.

Hy sou byvoorbeeld nooit vir my sê dat ek mooi lyk nie en dan was daar tye toe sy eie vriende my wou verlei.

As ek hom daarvan vertel het, het hy gesê ek lieg.

Die outjie met wie ek ’n ding aangehad het, het my gevang op ’n tyd toe ek stukkend was.

Hy is aantreklik en het my goed oor myself laat voel.

Toe my man uitvind van die ander ou, het hy gesê net hy is lief vir my en niemand anders nie.

Hy het toe belowe om my nie weer so sleg te treat nie.

Ek het ook belowe om nie weer kontak met die ander man te maak nie.

Hierdie beloftes van hom het net ’n week gehou, toe begin hy maar net weer met sy streke.

Ek het weer met die ander man begin chat, maar nie vir sleg wees nie.

My man het hiervan uitgevind, maar hy kon sien dat ons net skoon gesprekke het.

Maar hoe moet ek my man bewys dat ek lief is nét vir hom?

Hy kan net nie my min foute vergeet nie, maar ek moes sy berg foute vergewe en vergeet.

As ek sê ek gaan hom los, dan dreig hy om ál my dinge in die social media uit te blaker.

Ek is lief vir hom, met my hele hart en siel, maar hoe kan ek hom help om van my foute te vergeet? Hartseer Vrou, WhatsApp

Antie kry die idee dat dit net blaam is wat hierdie wankelende huwelik nog aan die lewe hou.

Jou man wil jou net in hierdie huwelik hou sodat hy jou elke dag kan straf vir dit wat jy gedoen het, maar in die proses conveniently vergeet van die dinge wat hy self aangevang het.

En ongelukkig gaan dit so bly vir solank as wat jou man aanhou om lewe in ou koeie te blaas.

Huweliksberading is ’n opsie, maar slegs as albei van julle 100% committed is om dit wat nog oor is, te red.

As dit nie ’n opsie is nie, kan Antie nie sien hoe dinge ooit sal regkom nie.

Iewers op ’n kol sal jy dan die remote-knoppie moet druk wat hierdie hel vir jou sal beëindig en jy sal van hierdie toksiese huwelik moet wegstap.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters