Verlede maand
My skoonpa wil ons uitskop ná ons met bond help
Auntie Mona
Auntie Mona  ~ ~

Liewe Antie Mona

EK EN my hubby bly by sy pa, want ek het in W gebly en toe my huis verkoop.

My skoonma is oorlede en skoonpa was agter met sy bond en ons spring toe in en betaal dit.

Nou, nadat ons hom gehelp het, wil hy ons uitsit. Het Antie dalk raad vir my? – Ongelukkige Skoondogter, Whats­App

Wat julle nou kry, is stank vir dank. Julle was net goed genoeg toe hy in soveel finansiële moeilikheid was dat hy nie die dak oor sy kop kon afford nie.

Noudat sy troubles iets van die verlede is, is hy weer sterkgevreet.

Jy noem dit nie, maar ek kry die idee daar is nie vooraf ’n ooreenkoms opgestel waarvolgens hy die geld terug sou betaal nie.

Dus is daar niks op papier om jou geld terug te eis nie.

Dit gaan nou niks baat om spyt te wees dat jy ooit jou huis verkoop het nie, want dan sou julle nou ten minste ’n plek gehad het om na terug te keer.

Dis nie lekker om in sulke nare omstandighede te bly nie.

Antie kan imagine geld is ook maar skraps op die oomblik, maar dalk is dit beter as julle maar weer vir julle ’n plekkie van jul eie kry.

Bespreek die situasie met jou man en besluit hoe julle die saak gaan benader.

Julle kan natuurlik ook probeer om die lug met jou skoonpa te suiwer en living arrangements uit te werk wat vir almal van julle pas.

Onthou maar in die vervolg om nooit weer vir mense geld te leen nie, maak nie saak hóé verleë hulle is nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters