2 maande gelede
My ramkat-dae in die bed is dan nou verby
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DINGE het ’n bietjie opgedroog in die slaapkamer en ek hoop Antie kan my help.

Ek kan dan nou nie meer byhou nie en in die verlede was ek dan ramkat in die bed.

Deesdae kan ek egter nie meer my man in die bed staan nie. Net ’n paar drukkies en dan is dit oor en verby.

Ek kan sien die motjie is nie baie impressed nie. Wat kan ek doen? – Moedeloos, SMS

Soos wat die jare aanstap, pak die enjin ook maar op.

’n Ongesonde leefstyl, stres, onderliggende siektes soos diabetes en hoë bloeddruk kan almal ’n rol in jou performance speel. Soos jy nou agtergekom het, kan ’n lack of performance lei tot bollewange in die huwelik.

Antie stel voor jy gaan sien jou GP. Dis nie nodig vir skaamrakens nie. As dok iets voorskryf, is jy dalk gou weer die ramkat van ouds.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters