26 dae gelede
My pa kom nou eers in my lewe, maar wil oorvat
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SOEK raad oor my pa wat jare nie deel van my lewe was nie.

Hy het nou bietjie-dag in my lewe gekom en wil nou my besluite vir my kom neem.

Hy support my nie eens nie en wys absoluut geen liefde teenoor my nie.

Wat kan ek maak? – Meisie van B, Whatsapp

Ai, daar is mos hierdie pa’s wat vir jare in die seepfabriek gaan werk totdat die kind groot is en nie meer kimbies, melk en vaderlike leiding makeer nie.

Dan, wanneer die onkostes nie meer so baie is nie, verskyn hulle uit die bloute en wil nou pa speel.

Ons word almal grootgemaak om ons ouers te respekteer. Maak nie saak wie en wat hulle is nie.

Maar hierdie pa van jou moet jou en die besluite wat jy neem ook respekteer.

Antie weet nie hoe oud jy is nie, maar jy het ook ’n sê in jou eie lewe.

Sê hom dis alles goed en wel dat hy nou jare te laat gedagte kry van sy responsibilities, maar jou lewe is nie ’n eensydige sepie wat hy skielik kan kom direct nie.

Respek gaan both ways.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters