Verlede maand
My outjie dreig nou om seksvideo vir almal te wys
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my outjie het in laas jaar seks gehad. Hy het ’n video daarvan gemaak.

Dinge is nie meer lekker tussen ons nie, nou dreig hy om almal die video te wys.

Antie, ek weet nie wat om te doen nie. Ek is nie meer lief vir hom nie, maar is bang dat hy dit vir ander mense gaan wys.

Ja, dit was ’n simpel, dom ding om te doen. Maar hoe stop ek hom? – CJ, WhatsApp

Liefie, in vandag se day en age is hierdie ’n strik waarin g’n vrou moet trap nie. Jy kan egter nie afgepers word om in hierdie verhouding te bly nie.

Die verspreiding van enige pornografiese materiaal is ’n oortreding wat hierdie jong diep in die tronk kan laat beland. Jy moet ’n klag teen hom gaan lê sodat wat ook al verspreiding-gedagtes van hom in die kiem gesmoor kan word.

Jy sal egter moet wikkel voordat die materiaal soos ’n veldbrand versprei. Moet jou nie laat boelie om uit vrees by hom te bly nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters