19 dae gelede
My meisie van agt jaar wil nie trou nie
Auntie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

VIR die afgelope agt jaar bevind ek my in ’n verhouding wat eenvoudig nêrens heen beweeg nie.

’n Mens hoor altyd van vroue wat kla dat die mans nie tot trou wil kom nie.

Maar hier sit ek met ’n meisie wat ek agt jaar lank date, vir wie ek baie lief is, maar wat eenvoudig nie wil trou nie.

Sy hou vol dat ’n trouring nie nodig is om jou liefde aan iemand te bewys nie.

Ek dink dit het daarmee te doen dat haar ouers geskei het toe sy baie jonk was.

Hoe oortuig ek haar dat ek op die regte wyse die res van my lewe met haar wil deurbring? – Mr T, WhatsApp

Dis is nie sommer aldag wat mens hoor van ’n vrou wat nee dankie sê vir haar fairy tale-dag nie.

Dit is beslis moontlik dat die trauma van haar ouers se destydse egskeiding agter haar siening sit.

Maklik gaan dit dus nie wees nie, maar jy kan begin deur haar elke dag “sag” te maak vir ’n lewe saam met jou.

Trou is nie ’n moet nie, maar dit bly die fondasie van ’n paartjie se liefde vir mekaar.

Kom ons hoop dat jou liefde, geduld en hare wat jy op jou tande sal moet hê, vrugte sal afwerp en jy tot haar sal kan deurdring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters