Verlede maand
My man ‘vry’ toe nog al die tyd met sy ex-girl
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY HART is nou onlangs baie seergemaak.

Ek het dit nooit van my man verwag nie.

Regtig, Antie, my hart voel nie meer dieselfde oor hom nie. Ek voel tans niks vir hom nie.

Voordat ons mekaar ontmoet het, het hy het met ’n meisie ’n ding aangehad.

Die dag dat hy haar gelos het, het hy my gevra om sy meisie te wees. Maar, Antie, sy probeer al van daai tyd ons uitmekaar kry en elke keer is ek en my man in ’n lelike stryery.

Ons het al vir haar man alles gestuur van hoe sy my man pla. Dit werk ook net nie. Ek wil nie polisie toe gaan om ’n saak te maak nie, want ek is nie lus om in en uit die hof te wees nie.

Onlangs kom ek agter my man is verskriklik baie op Facebook.

Soos ek hom ken, gaan hy net twee keer per dag op Facebook. Iets het net vir my gesê gaan kyk op sy Facebook.

Met trane in my oë lees ek al hierdie “lieflike” boodskappe wat hulle vir mekaar stuur. Hy sê vir haar hy is lief vir haar en dat hy nêrens het om te gaan as hy van my skei nie. So, met ander woorde, hy gebruik my net vir blyplek.

My bloed het gekook, Antie, en my trane het gerol. Ek het alle bewyse gehou en hom daaroor gekonfronteer. Toe ek hom daaroor vra en die bewyse gee, het hy geen reaksie gegee nie – net gesê hy het haar vir ’n gat gevat soos sy hom vir ’n gat gevat het.

Antie, ek kan hom nie meer vertrou nie en my liefde vir hom is heeltemal weg.

Ek glo nie ek sal weer dieselfde oor hom voel nie. Hy weet ek wil skei, maar hy het vir my gesê hy weier om van my te skei.

Antie, ek weet nie meer nie. Dit voel asof ek net wil weghardloop, maar ek weet weghardloop is nie die antwoord nie. C van G, e-pos

Jy kan ook nie gedwing word om in ’n huwelik te bly waarin jy nie wil wees nie en waar jy net as ’n boarding house gesien word nie.

Liefie, dis jy wat hier vir ’n gat gevat word.

As jy ernstig voel oor skei, stel Antie voor jy gaan sien ’n lawyer en kry daai bal aan die rol.

Jy verdien geluk, nie trane nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters