12 dae gelede
My man skel my altyd oor te min groceries
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is nou agt jaar buite gemeenskap van goedere getroud.

Ek koop die kos en dit is sy verantwoordelikheid om die huis te betaal.

Maar hy skel altyd as daar ’n tekort aan is in die huis.

Is dit verkeerd van my om hom te vra om te help met aankope vir die huis se kos?

Hy verdien meer as ek. – Raadop Vrou, WhatsApp

’n Huwelik waar daar gestry word oor kos, is g’n lekker een nie.

Ons almal se pay-pakkies kners maar op hul tande soos wat ons elke rand en sent moet trek.

Baie male is dit eenvoudig nie moontlik om by alles uit te kom nie.

Julle split nou wel jul finansiële verantwoordelikhede, maar aan die einde van die dag bly julle steeds ’n team.

Waar die een ’n bietjie swaar trek, behoort dit nie ’n probleem vir die ander een te wees om in te spring en uit te help nie.

Praat met jou man hieroor en verduidelik jou finansiële situasie aan hom.

Laat hom weet jy het nie ’n probleem om jou kant te bring nie, maar dat dit tans skraps aan jou kant gaan en dat jy sukkel om by alles uit te kom.

Jul finansiële plan behoort flexible te wees. Dit beteken julle hoef nie by ’n reëling te hou wat nie werk nie.

Hopelik is jou man redelik en hy sien jou penarie in. Geldsake kan nogal groot stres in ’n huwelik teweeg bring.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters