2 maande gelede
My man se eks maak my lewe hel
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my man is al vier jaar saam.

Hiervan is ons ’n jaar en ses maande getroud.

Antie, hy het ’n voorkind by sy eks en hierdie vrou voel om my lewe hel te maak.

Ek sorg dat my man elke week sy kind se geld kry, maar dan soek sy nog orige geld óók.

My man werk nie elke dag nie. Ons het ook ’n seuntjie wat amper twee jaar oud is.

Wat staan my te doen? Ek wil nie snaaks wees nie, maar ek gaan deur ’n moeilike tyd. Gee asseblief vir my raad, Antie. – C van B, WhatsApp

Liefie, glo maar vir Antie: Daar is niks snaaks omtrent baby-mamma-drama nie.

Daar is natuurlik gevalle waar mense in situasies soos joune beskaaf oor die weg kan kom.

Ongelukkig is daar veels te veel gevalle waar dinge eenvoudig net nie gel nie.

Tog, wat hier van belang moet wees, is die kind wat nie gevra het om in die middel van hierdie drama te wees nie.

Met al die bad blood tussen julle gaan dit moeilik wees vir julle om rondom ’n tafel te sit en met ’n betaalreëling vorendag te kom.

Die beste opsie sal wees om na jul naaste hof se maintenance-afdeling te gaan sodat ’n betaling vasgestel kan word.

Die hof sal dan ook jou man se huidige werkomstandighede in ag neem en daardeur verseker dat hierdie vrou nie met moedswillige grille vorendag kom nie.

Hierdie is nie ’n maklike situasie nie, want daar moet deurgaans gepoog word om in ’n kind se behoeftes te voldoen, maar sonder dat ’n volwassene sy of haar luck try om die situasie uit te buit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters