10 dae gelede
My man rock dan nou nie meer my wêreld
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MAN doen dit nie meer vir my in die bed nie, maar hoe sê ek dit vir hom?

Antie, ná 20 jaar van getroude lewe weet ek nie of daar iets is wat ons nog nie probeer het nie.

Maar manlief (52) kan nie meer die mas opkom nie.

Ek is ietwat jonger (44) en is nog baie lus om die ding te doen.

Ek sal uit my pad gaan om vir ons ’n romantiese aand te organise met candlelight, lekker aromas en stoute onderkleertjies.

Maar hubster is dan die groot disappointment van die aand.

Ek sweer – die man sien my net in daai onderklere, dan kom hy al.

Ons is nie eens lank besig met “the thang” nie, dan is hy klaar. Dít terwyl ek nog nie eens ’n ligte aardbewinkie gevoel het nie.

Ek is te skaam om hom agterna te sê dat hy dit nie vir my doen nie – nie terwyl hy dan op sy sy draai en soos die kat se snor snork soos iemand wat ’n groot achievement behaal het nie.

Hierdie issue kom seker nou al so drie jaar aan. Ek is lief vir my man, maar jirre, Antie, ek het ook mos needs.

’n Ander man of ’n skelmpie is nie ’n option vir my nie. Ek value wat ons oor die jare saam gebou het en weet seks is nie die ultimate van ’n huwelik nie.

But vir once ... net vir once wil ek ook die feeling soos in die movies experience van total satisfaction, as Antie weet wat ek bedoel.

Ek besef dat die mileage op ’n man se tjor oor die jare ook oploop en die enjin se performance nie meer so lekker sy ding doen nie, maar ek glo iets kan nog by my man gered word.

Ek voel as hy minder drink, minder rook en miskien aan sy fitness begin werk, kan dinge verbeter.

Om met hom hieroor te praat, is egter nie so maklik nie.

Wat stel Antie voor? Ek mean maar ... Antie was seker ook mos al around the world. – Frustrated Vrou, e-pos

Oe, jinne, ek wou nou net sê van “around” goeters, want daar is nie baie mans wat kan testify dat hulle hierdie antie around the world gevat het nie.

Vrou, hierdie is maar een van daai issues van die lewe wat een of ander tyd aan ál wat vrou is, se deur klop. Vir baie vroue baie gouer as vir ander.

Die gedoentes onder die belt het ook mos ’n expiry date wanneer dit nie meer soos in die jare van ouds soos Tarzan deur die bome kan swing nie.

Maar onderliggende kwale en ’n ongesonde leefstyl is baie male ook die rede agter ’n enjin wat nie meer in die F1 van liefde maak kan kompeteer nie.

Wat tips betref, is dit maar altyd ’n moeilike ene, want nie alle dinge wat in die slaapkamer probeer kan word, is vir almal se liking nie.

Eerstens moet daai gou komkommer-gees van hom aangespreek, bestraf en sommer onder sensuur geplaas word.

Dis hier waar iets soos foreplay inkom, waar daar nie sommer net in die bed gespring word, gehop-hop-hop word en dan is alles klaar nog voordat die two-minute noodles gereed is nie.

Nee! Daar behoort geen haas te wees nie. Liefde maak en tyd hoef nie friend requests aan mekaar op Facebook te stuur nie.

Nou kyk hier, julle is al lank getroud en ken die ins and outs van mekaar se bodies.

Na ál hierdie jare saam is daar dus niks meer om oor skaam te wees vir mekaar nie.

Julle is in daai fase van jul lewe waar julle oor seks kan praat soos wat julle praat oor wat op die kinders se brood vir skool gesit moet word.

So, wees eerlik en openlik met hom oor wat jy graag wil hê julle tussen die lakens moet try. Natuurlik op so ’n manier dat sy ego nie in ’n hit en run beland en erg gebruise word nie.

Neem die inisiatief oor die dinge wat jy wil probeer en waarmee jy gemaklik sal wees.

Selfs al involve dit speelgoedjies. Toys, ja.

Speelgoed is nie net vir die kinders nie. Jy sal verbaas wees hoeveel couples daar is wat so konserwatief in public voorkom, maar wat freaky animals in die slaapkamer is en plekke soos Toy Kingdom ’n heel ander meaning gee.

Wat jy en jou man anyway in jul slaapkamer probeer, is jul business en het niks met ander te doen nie. Julle is immers getroud en kan maak net wat jul wil. Wat ook al jou cookie laat crumble.

So dink aan ’n paar idees, span selfs online sites in en bestorm hubby met dié idees.

Dit sal ook vooraf goed wees om hom na ’n GP te pos sodat daar vasgestel kan word of ál die enjin se ratte nog in werking is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters