29 dae gelede
My man maak skuld om met tjommies te compete
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT met ’n man opgeskeep wat links en regs skuld maak. Antie, ons kan skaars kop bo water hou, maar hy maak by die een ná die ander skuld.

As dit nog vir ons was wat sy gesin is, sou ek nog verstaan het.

Maar my man gaan hierdie skuld aan om nice times te hou.

Dis braais en naweke weg vir die vriende en dan moet ek en die kinders droëbek by die huis sit. Sy vriende is almal welaf en het goeie jobs.

Ek en my man verdien maar gemiddelde salarisse en woon in ’n average­ buurt. Ons lewe nie fancy nie en probeer net ons bes om vir ons kinders te sorg.

Maar ek kry die gevoel my man is in kompetisie met sy vriende. Ek moet elke keer hoor oor watter nuwe kar vriend dit ry en watter nuwe furniture vriend dat in sy huis het.

Ek kan nie meer nie. Daar is tye dat hy agter raak met sy skuld en ons huisverband was ook al agterstallig.

Ek het al gepraat, gevloek en geskel, maar niks help nie.

Dit is nou al so erg dat ek al aan skei begin dink.

Het Antie raad vir my, asseblief? Dit voel asof ek mal gaan raak. – Moedelose Vrou, Whatsapp

Ons almal sit tans in die moei­like ekonomiese situa­sie waar die finansies aan ons hap.

Covid-19 en die lockdown het dinge net moeiliker kom maak.

Dit bring niemand meer iets in die sak om ’n brag te vang oor dinge wat hy nie kan bekostig nie.

Om ander mense se leefstyl te bewonder en na te aap, kan jou in ’n geldelike verknorsing laat beland.

Baie kyk na ander se leefstyl, fancy huise en karre, dan wens hulle hulle kan ook so lewe.

Maar die realiteit is dat daar baie mense is wat bo hul finansiële vuurmaakplek leef net om ander te impress.

Ongelukkig blyk dit dat jou man nie op sy eie finansiële besluite kan maak nie, so jy sal moet inspring. Dit is tyd dat julle jul finansiële kaarte op die tafel gooi en kyk wie het watse skuld.

Werk saam ’n plan uit om hierdie skuld te betaal en kyk wat oorbly vir julle as gesin en selfs vir persoonlike bederf. Selfs al beteken dit jy moet bankkaart-polisievrou speel.

Of jou man dit gaan likes of nie, dit is tyd dat hy besef hy moet sy kant bring of daar is groot moeilikheid in jul huwelik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters