16 dae gelede
My man is soos ’n beer met ’n seer tand
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DAAR word mos altyd gesê kommunikasie is die key van enige verhouding.

Wel, ek dink ons key is weg, want ek en my man kom net nie meer oor die weg nie.

Hy bly vol buie en as ek vra wat is fout, word my kop afgebyt.

So, ons is nou op die punt waar ons net in mekaar se rigting brom.

Maar dit veroorsaak groot onplesierigheid. Dis nie lekker om met ’n beer met ’n seer tand saam te leef nie. Anoniem, e-pos

Vrou, ek stem. G’n mens wil by iemand bly wie se gesig heeljaar soos winter lyk nie. Dit help ook nie veel as jy nie weet wat skort nie. As daar issues is, behoort hy die vrymoedigheid te hê om jou daarvan te vertel.

Maak hom sit en laat hy weet julle kan nie langer so aangaan nie. Hy moet sy kaarte op die tafel gooi en jou in sy vertroue neem oor die dinge wat pla. As hy dit nie gaan doen nie, gaan julle troubles op die duur net vermeerder en jul huwelik later uitrafel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters