Verlede maand
'My man het al my voortande uitgeslaan'
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS N van M. Ek en my man is al 25 jaar saam.

Ons is nou 13 jaar getroud, maar Antie, ek is glad nie gelukkig in hierdie huwelik nie.

Die man sal altyd my verlede ophaal, maar hy het self dinge in ons verhouding en huwelik gedoen. Hy het ’n dwalende oog en is baie seksbehep.

Verder hou hy daarvan om sy vir my hande te lig. As ek terugslaan, dan slaan hy my asof ek ’n man is. Hy het my al so hard geslaan dat ek twee van my voortande verloor het.

Antie, ek het al baie seergekry in hierdie huwelik.

Ek het hom al laat toesluit, want ek voel ’n man wat aan sy vrou krap terwyl sy slaap of ’n drankie in het, is in staat om haar te verkrag.

Hy het beloof om te verander, maar hy bly dieselfde. Hy dink elke keer geld sal dinge regmaak.

Ek het drie jaar gelede iemand ontmoet, maar hy is in die gevangenis. Hy kom een van die dae uit.

Hierdie man laat my baie goed en vroulik voel.

Hy weet ek is getroud en my man maak dinge nie vir my makliker nie.

Ek moet elke keer hoor ek moet gaan, want my man sê hy gaan nie trek nie. Ek voel lus om maar by die ander man te gaan intrek, Antie.

My kinders is al groot. Ek het hulle almal grootgemaak met kleinkinders en al.

Ek het geen beheer oor my lewe en liggaam nie. My man control my.

Dit is niks lekker nie. Ek het my man elke keer vergewe, maar nou is my kinders al groot. – Gatvol Vrou, WhatsApp

Daar is níks wat hierdie dinge wat aan jou gedoen word, regmaak of justify nie.

Antie stel voor dat jy jou so gou moontlik uit hierdie huwelik kry.

Doen dit vir jou eie veiligheid en happiness en nie noodwendig om in iemand anders se arms te spring nie.

Vrou, veels te dikwels kan hierdie ouens wat so in die tronk sit jou met hul mooi woorde charm. Totdat hulle eendag uitkom en jy besef alles wat hulle kwytgeraak het, was net ’n bank leuens.

Jy sal dié kat eers goed uit die boom moet kyk. Hoe weet jy buitendien jy is die enigste vrou wat so gecharm word?

As jy uit hierdie huwelik stap, dan doen jy dit vir jou eie geluk en vir niks en g’n niemand anders nie. Jy is darem net al deur veels te veel seer om jou weer in ’n strik van abuse, hartseer en verbittering te bevind.

Daar is baie jakkalse daar buite. Maak seker jy loop met oop oë deur die lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters