Verlede maand
My ma wil nie hê ek moet met ouens gesels
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

MY MA is onredelik. Ek mag nooit na my vriendinne se huis gaan nie.

Ek het geen vrye tyd nie. My ma wil net hê ek moet heeldag by die huis sit.

Sy is ’n control freak. Boonop mag ek nie met ouens uitgaan nie.

Ek mag nie eens saam met ’n ou praat nie.

Antie, ek is ’n tiener en dis normaal vir iemand van my ouderdom (16) om gevoelens vir ’n ou te hê.

Ek kan nie ’n gesprek oor my gevoelens met haar hê nie, want sy verstaan my nie en kyk altyd neer op my.

Ja, sy sorg vir my, ensovoorts, maar is dit vir haar nodig om my altyd af te druk?

My ma en pa is uitmekaar. My stiefpa is net soos my ma.

My regte pa, aan die ander kant, is heel anders. Hy verstaan my en verstaan ook dat ek op my ouderdom al in iemand belangstel.

Antie, daar is iemand in wie ek regtig belangstel. Hy stel ook in my belang, maar hoe moet ek hom ’n kans gee as my ma my so control?

Antie, ek kan nie meer nie. Het Antie miskien vir my raad? Ongelukkige Tiener, WhatsApp

Dis moeilik om vanuit jou posisie te sien dat jou ma doen wat sy dink die beste vir jou is.

Jou ma kyk na al die wreedhede wat daar buite is, skrik haar boeglam vir al die goed wat deesdae met kinders gebeur en wil jou daarteen beskerm.

Dis ongelukkig tot jou nadeel, want in die proses kry jy nie die kans om jouself te vorm en life experience op te doen nie.

Toe Antie jou ouderdom was, was Antie verlief op al die mans in die magazines. En so wed ek jou ma ook.

Daar is altyd ’n outjie op skool, iemand in die jeug of ’n ou in dieselfde straat wat jou hart so ’n bietjie vinniger laat klop.

Hierdie experiences kan nie van jou weerhou word nie. Ten spyte van al die kwade goed daar buite, is jy hier op aarde om jou eie memories te bou.

En dis ’n kans wat jou ma nie van jou kan weerhou nie, maak nie saak hoe goed sy bedoel nie.

Na jou sal jou mammie moet luister. Sit weer met haar en discuss hierdie dinge saam met haar. Kyk of julle ’n middelpunt kan bereik wat haar ook gerus sal stel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters