Verlede maand
My ma behandel my soos 'n kleintjie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS al 30 jaar oud, maar my ma behandel my steeds soos ’n minderjarige.

Wanneer ek nie na haar wil luister nie, skel sy my die lelikste woorde wat ’n ander ma nie aan haar dogter sal sê nie.

Sy skel dan tot my kêrel en sy familie ook uit, mense wat haar niks gemaak het nie.

Ek is al só moeg van haar lelike maniere. Ek kan dit nie meer vat nie. Moedeloos, WhatsApp Dit is nie duidelik of jy steeds by jou ma bly nie.

Indien dit die geval is, stel Antie voor dat dit tyd is dat jy die nes verlaat en ’n plekkie van jou eie kry.

Jy is volwasse en supposed om jou eie besluite te kan maak, maar dalk voel sy omdat jy nog onder haar dak bly, moet jy jou aan haar reëls onderwerp.

Nes ’n kind altyd respek vir sy/haar ouers moet hê, so ook behoort daar respek van jou ma se kant te kom, maar dit ontbreek duidelik.

Voëls bly nie vir ewig in dieselfde nessies nie, so dit is tyd dat jy jou vlerke sprei en ’n plek kry waar jy die kitaar kan slaan en in beheer van jou lewe kan wees.

En voordat jy jou oë uitvee, het een van twee dinge gebeur: óf julle maak op en probeer weer óf die liefdeskille het van jou oë afgeval en jy het besef hierdie ou is nie jou liefde of trane werd nie. Moenie te veel druk op jouself sit nie. Haal diep asem, relax en weet dat jy sterk genoeg is om heel anderkant uit te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters