Verlede maand
My eens warm lover is skielik nou net yskoud
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 54-jarige weduwee en my man is al twee en ’n half jaar oorlede.

Ek het twee jaar gelede iemand ontmoet.

Sy vrou is ook al vier jaar dood. Hy is nou 65 jaar oud.

Hy het so vyf maande gelede by my ingetrek, maar hy is so koud teenoor my. Ek begin glad wonder of daar maybe fout is met my, want hy vat skaars aan my.

Daar is nie eens meer seks by ons nie.

Ek is nog springlewendig.

Toe ons ontmoet het, was hy baie anders en hy het tyd gehad vir my.

Maar nou is hy so koud soos die dood.

Dink Antie hy gebruik my net om agter hom te kyk?

Ek doen als in my vermoë om hom gelukkig te maak, maar niks gebeur in die bed nie. – Warm­bloedige Weduwee, WhatsApp

Jou stuk is nog ver van oud af wat ouderdom betref.

So dit kan wees dat daar kwale onder die belt is waaroor die ou nie wil praat nie.

Vrou, as daar een ding is wat getting older ons leer, is dat jy nie meer met ’n toe mond deur die lewe hoef te gaan nie.

Jy maak jou mond oop en jy praat oor die dinge wat pla.

Julle is albei grootmense en jy hoef regtig nie in silence te wonder hoekom die slaapkamer dan nou kouer as ’n deep freezer is nie.

Vra hom reguit wat skort.

Laat hom weet jy smaak hom vetterig en dat jy graag nog die bedsprings saam hom wil laat raas.

Mans kan mos baie sensitive wees as hulle suffer van onnerie- beltilitus.

Stel hom gerus en laat hom weet dat daar niks is om oor skaam te wees nie.

Ook dat daar niks daarmee verkeerd is om ’n aanhitser-pilletjie of ’n ding te kry om die besigheid so ’n bietjie aan te moedig nie.

As jy net op jou eie gaan wonder en worry, gaan niks verander nie. Maak jou move, vrou.

Maak jou move!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters