14 dae gelede
My berk se ma verneuk man met jong latte
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n probleem met my skoonma.

Ek is in ’n verhouding met een van haar kinders, maar sy verdink my dat ek iets aan het met haar man.

Sy is nie eens lojaal teenoor haar man nie. As hy by die werk is, verneuk sy hom met jong manne.

Haar man is ook net goed genoeg as hy geld het.

Sy entertain dan hierdie manne met haar man se pay. Wat staan my te doen? – Moedelose Girlfriend, WhatsApp

Die eerste goed eerste: Hierdie vrou is slegs jou skoonma as jy getroud is met haar kind.

Antie weet soms nie of mense conveniently vergeet dat daar eers ’n marriage moet wees voordat iemand jou skoonma/skoonpa/skoonfamilie kan word nie.

Hierdie is ’n baie ongemaklike en sensitiewe terrein waarop jy tans beweeg.

Die vrou is seker al paranoid van ál die kere dat sy haar man verneuk het.

Nou dink sy hy staan ook al agter die jol-deur en jy word die gerieflike scapegoat.

As sy jou hieroor konfronteer, kan jy haar op ’n eerbiedige en mooi manier laat verstaan dat jy nie so ’n meisie is nie.

Laat haar sommer dan baie mooi verstaan jy is ’n meisie wat ander mense se huwelike en verhoudings altyd respekteer en jy het net oë vir haar seun.

Waak maar daarteen om te veel van ’n opinie te hê oor haar doen en late, want dit kan ’n impak op jou verhouding hê.

Wat sy doen, is beslis nie reg nie, maar dit is die oom se job om sy oë vir ’n slag oop te maak en hierdie vrou van hom te sien vir die belustige slang wat sy eintlik is.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters