Verlede maand
My baby daddy wil my nie geldelik support
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK WEET nie wat my te doen staan nie.

Ek is van die Kaap en bly op die oomblik by my ma in G.

Ek is swanger van my kêrel. Ons is reeds 21 maande saam.

Ek vra hom om vir my geld te stuur, maar hy weier.

Vandat ek swanger geword het, het hy my nog niks gegee nie.

As hy nóú al so is, is dit ’n aanduiding van watse soort pa hy gaan wees?

Gee vir my raad, asseblief, Antie? – S, Whatsapp

Liefie, jy kan nóú al sien watter kaliber pa hierdie man gaan wees.

Daar word eenvoudig nie aan jou en jul ongebore kind gedink nie.

Dit lyk nóú al of jy maar self sal moet sien en kom klaar wat jul kind betref.

Berei jou maar voor om hierdie man te moet hof toe sleep vir maintenance, want hy trek maar swaar sy vinger uit sy eie h*l.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters