28 dae gelede
Motjie lus nie meer om my opsitkers draai nie
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

DIE krake in my huwelik raak net al hoe groter en ek weet nie meer wat om te doen nie.

Antie sien, ek is al 19 jaar getroud en elke dag voel dit meer en meer asof ek met my suster getroud is.

My vrou bly moeg. Soos in doodmoeg. Vroegmiddag al gee sy die langste gape.

Sy is saans skaars in die bed, dan snork sy al. Ek verstaan dat sy moeg gewerk is, maar ons almal werk mos maar.

Ek het al jare gelede opgegee om romantic te wees, want selfs al het ek vir ons ’n romantic naweek weg van die huis geboek, het sy vroeg aan die slaap geraak.

Ons is albei in ons vroeë 50’s en ek dink daar is niks mee verkeerd as ek nou wil binneboud lê nie.

Maar ek is lucky as ek oor 6 maande ietsie kry.

Om hieroor te praat help ook nie.

Ál ons gesprekke het anyway in ’n geskreeu op mekaar geëindig.

Daar word sommer reguit in my gesig gesê ek kan maar Voortrekkerweg toe gaan as ek dan so oor seks is.

Dit frustreer my om te sien hoe my vrou energie vir werk en kerk kan het, maar f*kk*l vir my nie.

Verskoon tog maar die gevloek, maar ek raak sommer van oor af kwaad as ek dink hoe hierdie vrou my vir ’n joke vat.

Die ergste van alles is – ek bly lief vir haar. Ons het drie kinders en ek oorweeg dit glad nie om groener weivelde te gaan soek nie. Ek kan net nie verstaan dat ek so afgeskeep moet word nie.

As sy iets vir werk of vir die kerk moet doen, dan hop sy en is propvol energie.

By die huis is sy soos ’n zombie wat naweke heeldag wil slaap. Sy raak nie moeg vir slaap nie.

Die bietjie seks wat ek kry, is ook so eentonig en vervelig, dit lyk sy kan nie wag dat ek moet klaarmaak nie.

Sy lê net daar op haar rug met haar oë toe. Lê so stil soos ’n klip.

Hierdie hele situasie laat ’n bitter smaak in my mond. – Getroude Man, Whatsapp

Hierdie is eintlik ’n lê-tuasie waarmee baie mans worstel.

Daar is ’n klomp WhatsApps wat altyd deurkom waarin mense oor dié einste issue kla.

Die key, so glo Antie, is prioriteite. Daar is soveel vroue daar buite wat te gemaklik in hul huwelik raak en dan die huweliksdeur vir duiwelse Delilas oopmaak.

Agterna wil sulke vroue wonder waar dinge in die huwelik dan skeefgeloop het.

Die bene kan nie wil toegaan as die ring aan die vinger gesit word nie. Laat ons nie doekies omdraai nie. Gesonde vingers het nie verbande nodig nie.

Seks is nie alles in ’n huwelik nie, maar ’n wonderlike manier vir couples om die band tussen hulle sterker te maak met intimacy.

As ’n vrou nie haar “huiswerk” doen nie, gaan iemand eventually in die prentjie kom wat dit namens haar gaan doen en links voor gaan voetjies hang in haar man se kar.

Antie het oor die jare geleer ’n man wie se tenkie gereeld leeggemaak word, is ’n gelukkige man.

So ’n man doen alles vir sy gesin. Ongelukkig is daar maar sleg etters wat in die eerste plek nooit ’n tenk in hul body het nie.

Jou vrou need om te verstaan jy en jul sekslewe maak nie gasverskynings in jul huwelik nie. Jy en jou behoeftes is ook belangrik. Hou aan om haar daaraan te remind, totdat ore langs haar kop groei.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters